Vreemdelinge in die wêreld – Uitverkores vir God

Elke boek van die Bybel het hulle eie identiteit, eie kosbaarheid en eie uniekheid wat God navore bring. Maar 1 Petrus is so ‘n kosbare boek vir die kind van God wat tot bekering gekom het, vir die kind van God wat wil reg lewe, maar ook vir die kind van God wat vasgevang is in die wêreld.

As ons praat van vasgevang wees in die wêreld verwys dit na ons wat tussen die wêreld lewe. Ons lewe tussen mense wat God nie volheid dien nie. Ons lewe tussen mense wat probeer om God te ontken en te bewys dat Hy nie ‘n werklikheid is nie. En as gevolg van ons geloof, as gevolg van ons belydenis, gaan ons baie keer deur lyding, vervolging, teregwysig, maar dit is alles die moeite werd, omdat Jesus lewe.


Wanneer ons kyk na die boek 1 Petrus, dan sien ons dat Petrus omtrent 62-63 jaar na Jesus se kruisiging deur die Heilige Gees die boek 1Petrus geskryf het. 62-63 jaar nadat Petrus vir Jesus verloën het, nadat hy geval het, het hy opgestaan en deur die krag van die Here skryf hy hierdie boek vir ons; deur die hulp van die Heilige Gees.God se Woord is Heilige Gees geïnspireer. Dit is nie net woorde van Petrus nie. Dit is God se Woord vir jou en vir my vir vandag, vir elkeen van ons.


Wanneer ons kyk na die boek van 1 Petrus, dan sien ons dat Petrus dit rig aan die vreemdelinge, die bywoners. Aan die wat versprei is oor die aarde, oor Klein-Asië, omdat hulle vanweë die tyd vir God was, maar ook omdat hulle staan vir die waarheid, vir dit wat reg is.


Petrus kom en hy bring ‘n woord van bemoediging, ‘n woord van aanmoediging om staande te kan bly. En hierdie skrewe kom ook van die Heilige Gees en hy gee vir die mense nuwe hoop. Petrus kom bevestig hulle identiteit en hy maak ook ‘n oproep tot heiligmaking. God gee vir ons hoop. Hy vorm ons identiteit en Hy roep ons tot heiligmaking.

1 Petrus11 Petrus ‘n apostel van Jesus Christus, aan die vreemdelinge van die verstrooiing in Pontus, Galásië, Kappadócië, Asië en Bithínië.

Deur te begin weet ons nou wie het hierdie boek geskryf. Wie het die Heilige Gees gebruik? Petrus, die apostel, Petrus die dissipel van Jesus. Die vyf dorpe saam word vandag geken as Klein-Asië(Turkeie).

2Uitverkore volgens die voorkennis van God die Vader.


Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Search

Popular Posts

Categories

Tags