Lesse uit Petrus se lewe

Daar is soveel lesse wat ons uit die lewe van Petrus kan leer. Net uit die verloëning kan ons sien dat dit nie net gaan oor wat ons lees en sien met die oog nie, maar dat daar dieper betekenis is. God se Woord is nie net die woorde voor ons op papier nie, maar dit is ook die Woord wat die Gees met ons deel.

Partykeer dink ons: Ek sal nooit Jesus verraai soos Judas nie. Ek sal nooit Jesus verloën soos Petrus nie. Dit is alleenlik genade op genade wat ons kan help om staande te bly om dit nie te doen nie.

Met Petrus se eerste verloëning sien ons dat ons word blootgestel aan groepe en aan mense. Ons het met mense in ons lewens te doen en in daardie verhouding word ons baie keer op die spot geplaas. En uit vrees uit of uit bekommernis uit of omdat ons mense nie wil offend nie of mense nie wil te nakom nie, dan bly ons stil oor ons geloof en dan ontken ons Jesus.

Is Jesus vir jou en my genoeg? Is Jesus dit werd om vir Sy naam op te staan? Want tydens Petrus se tweede verloëning kom daar ‘n diensmeisie en sy herken vir Petrus en sy sê vir hom, maar jy is deel van Jesus en van Sy groep. En hierdie vraag trigger iets in Petrus en vir ʼn tweede keer verloën hy Jesus.

Ons loop baie keer met trigger points. Daar is dinge in ons verlede wat ‘n trigger veroorsaak. En ons wil God dien en ons is voluit vir die Here, maar ons deel nie altyd met daardie trigger points nie. En die vyand weet hoe om die knoppies te druk of hoe om jou te laat trigger.

Dan baie maal wanneer jy dit die minste verwag wanneer jy aangeval word of op die spot geplaas word dan word daardie goed getrigger en dan tree ons op en dan net soos Petrus kom ons partykeer dan sê ons, ons ken die man nie.

Baie keer kom ons ook op ‘n plek waar ons dink geestelik is ek volwasse en ek sal nie val nie. Jesus kom en Hy waarsku vir Petrus en toe Hy met Petrus gesels sê Petrus: Here ek sal U nie verloën nie. Ek sal saam met U staan. Ander sal dit dalk doen, maar ek sal nie, al kos dit dat ek moet sterf saam met U. Het hy dalk onbewustelik te groot geraak in homself.

Gedink dat die Here Jesus het hom op die water laat loop. Hy was deel van die 5000 man wat voedsel gekry het en hy was deel van die wat die kos gaan uitdeel het. Jesus sê ook vir hom: Op jou, op jou openbaring wat jy van My het bou Ek my kerk, Petrus.

Wanneer ons geval het dan voel ons sleg en ons het berou en so baie maal dan sê ons Here ek sal dit nooit weer doen nie. Dan kom ons en ons val en ons is negatief en ons besef ons het ‘n fout gemaak en dan bid ons: Here wil U nie asseblief die versoeking net verwyder nie?

Die woord sê toe Petrus besef dat hy Jesus verloën het, het hy dadelik uitgegaan en bitterlik geween. So baie maal voel ons so skuldig en so sleg dat ons nie eers kan bid nie, want ons is die grootste sondaars en ons is nie goed genoeg nie. Dis hoe die vyand jou wil laat voel.

Julle sien wanneer dinge nie gaan soos wat ons wil hê dit moet gaan nie, waar omstandighede anders uitdraai, is ons geneig om in die ou mens terug te val van waar ons vandaan kom. Ons moet dan tot God terugkeer vir bekering, tot God nader vir vergifnis. Die Here sê kom na My toe almal wat vermoeid en belas is. Kom na My toe!

Was jy al so benoud in jou siel oor omstandighedes en situasies en jy vra vir mense om jou om te help, jou te ondersteun en saam met jou te bid en dan kom jy by hulle en dan ‘slaap’ hulle. Dan bid hulle nie regtig saam met jou nie, met ander woorde jy staan alleen. Jesus vra vir hulle: waak saam met My, bid saam met My en hulle raak aan die slaap. En dan ‘n tweede maal gaan Jesus en Hy bid weer.

Baie maal wil ons vir die Here iets doen en baie maal praat die Here met ons. En voordat ons dit kan doen, word ons moeg en dan raak ons oë swaar, dan raak ons omstandighede moeilik. Wat gebeur? Dan ‘slaap’ ons. In plaas daarvan om te waak en te bid en God te soek raak ons moeg en aan die slaap. En wanneer jy moeg raak en aan die slaap is in plaas daarvan om te waak en te bid, dan gee jy nie ag op wat God met jou deel nie. Dan gebeur dit dat ons partykeer mis wat die Here vir ons sê.

Petrus volg van ver af en hy kyk hier van agter af. Petrus het klaar aangeneem hierdie ding gaan in ‘n sekere rigting in beweeg; so hy gaan van ver af kyk, hy wil sien wat is die einde.

Met ander woorde hulle sit daar, daar is ‘n klomp mense en onthou nou die massas, die groepe, die menigte het saam gevolg toe hulle Jesus gevange neem en na die paleis neem. En nou sit hulle almal in die binnehuis en daar kom ‘n diensmeisie en sy sê vir Petrus: ek herken jou. Jy is mos een van die dissipels wat saam met Jesus geloop het. Jy was saam met Hom, ek het die storie gehoor waar jy op die water geloop het. Ek onthou hoe jy vir ander gebid het en God het hulle genees. Met ander woorde jy was saam met Hom. Ek herken jou. En kyk wat sê Petrus vir haar.

Ek weet nie wat jy sê nie! Kan ons sê dit is nie dié Petrus wat sê: Here al moet ek sterf, ek sal U nie verloën nie. Dieselfde aand na die Avondmaal. In sy swakheid verloën Petrus Jesus en sê dat hy Jesus nie ken nie! Petrus is swak in sy vlees en so lei dit tot die punt waar hy Jesus verloën. Iets wat ons baie keer mee kan vergelyk. Iets wat ons dalk ook al gedoen het?

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Search

Popular Posts

Categories

Tags