Wat as Petrus net PAUSE kon druk?

As jy ‘n superpower kan hê, wat sal dit wees? Sou dit wees om super vinnig te wees of dalk nooit oud te word nie, altyd sterk te wees of onsigbaar?

Ons Superheld kan en het elke vyand op aarde al lankal oorwin. Ons Superheld fight nie met karate kicks, missiles en gewere nie. Hy spreek ‘n woord en dan gebeur dinge. Ons Superheld is oneindig, Hy was, is en gaan tot in alle ewigheid aan, Hy het een keer dood gegaan, maar toe wen Hy die dood ook sommer, toe wys Hy vir almal, He can do it all.

As ons die ability gehad het en net kon pause druk, net alles kon laat stop vir ‘n oomblik, net om onsself te vind, daardie ekstra slaap wat jy nooit inhaal nie en net vooruit kan beplan wat jy wil doen en wat jy wil sê. Wat as ‘n mens net kon pause druk?

Ons leer uit Petrus se lewe, spesifiek die aand wat hy Jesus verloën het ʼn baie belangrike les. Hierdie is die aand wat Jesus die laaste keer saam met sy dissipels die Avondmaal gehad het. En die aand wat Hy verraai is deur Judas en natuurlik waar Hy vir Petrus vooraf gesê het: Jy gaan My verloën.

Petrus wat staan om hierdie vuur, om al die mense wat nie ‘n bekommernis het van ‘n minuut oud oor Jesus wat gevange geneem is nie. Petrus wil net naby genoeg wees sodat hy kan sien wat gebeur, want hy is nie daar om iets te doen nie. En hulle herken hom want hy lyk anders, hy loop anders, hy praat anders. Hy kan dit nie verander nie!

Toe Petrus Jesus weer verloën het, het hy nie net Jesus verloën nie, hy het die intieme vertroulike verhouding met Jesus verloën deur sy woorde: Ek ken Hom nie.

En dan vra ons die vraag: Petrus, is alles wat jy gesien het en gehoor het en beleef het, wat Jesus gedoen het vir jou niks werd nie? Petrus is die wonderwerke en die genesings, die woorde wat God spreek oor dooie liggame en jy sien hoe hulle opstaan vir jou niks werd nie? Is die verandering Petrus wat jy in jou lewe ervaar het waar jy ‘n doel ontvang het, hoekom jy hier is, is dit vir jou niks werd nie?

Ons is in die bevoorregte posisie waar die Heilige Gees vir jou sal openbaar as Hy wil hê jy moet iets weet. Om nie onverwags en onkant gevang word om in hierdie strikke te trap, om Jesus te verloën nie. Die Heilige Gees help ons om in situasies net pause te druk en te besef wat ons doen en wat ons moet doen.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Search

Popular Posts

Categories

Tags