As Petrus ʼn geestelike volwasse man was, hoekom het hy Jesus verloën?

In Petrus se lewe sien ons dat terwyl hy saam met Jesus stap leer hy nie altyd onmiddellik die lesse wat Jesus hom wil leer nie. Toe Jesus op die berg verheerlik is voor Petrus se oë, kom Petrus en hy sê: Laat ons huise hier bou vir Jesus. En Jesus sê vir hom: Jy verstaan nie! Ek het nie gekom om ʼn aardse Koninkryk te bou nie. Jy mis die doel.

Petrus het nie altyd onmiddellik daardie openbaringe verstaan nie en God moes met hom ‘n pad stap. Die Here het hom voorberei. Baie maal dan dink ons dat Petrus was hierdie geestelike volwasse man. Ons sien hom vir wie hy ná die verloëning was.

Ons sien baie keer vir Petrus, as die man wat op die water geloop het. Ons sien hom as die een wat loop en dan val sy skaduwee op mense en dan word hulle genees; dan raak hy nie eers aan hulle nie en hy bid nie eers vir hulle nie. Maar selfs in dit moet ons besef dat Petrus nie volmaak en sonder foute was nie. Hy was ‘n mens soos ek en jy. Hy het versoeking deurgegaan soos ek en jy en partykeer dalk nog meer as ons.

Petrus was nie volmaak nie. Petrus was nie perfek nie. Petrus was ‘n visserman voordat hy Jesus gedien het. Hy was nie ʼn man wat op Bybelskool was nie, wat nie die afronding ontvang het wat baie kweekskole gee nie. Hy was ‘n harde visserman en hy het gewerk om te oorleef. Ons weet ook dat hy was ‘n growwe man. Vissermanne baie keer soos fabriekwerkers het ‘n ander taal wat hulle praat. Hy was grof, hy was hard, hy kom uit daardie agtergrond uit en nou volg hy Jesus. En in ‘n kort periode verander sy lewe sodat hy homself nie meer herken nie en dat wanneer ander na hom kyk dan sê hulle: in sy praat sien ons hy is anders.

Iemand wat volmaak is, iemand wat nie foute ken nie, iemand wat nie tekortkominge het nie, verwens homself nie. Die God’s Word vertaling lees soos volg: Then Peter began to curse and he said: I swear to God I don’t know the man. Die King James vertaling wat uit die oorspronklike Hebreeus uit vertaal is sê: Then began Peter to curse and to swear saying: I know not the man.

Dit lyk nie na iemand wat volmaak is nie. Iemand wat dalk sy tekortkominge ontken het. Om in ‘n oomblik, in ‘n situasie te wees waar hy nie weet wat om te doen nie, waar hy nie die uitkoms ken nie, waar hy blootgestel word, hy geopenbaar word aan ander mense weet Petrus nie hoe om op te tree nie. En hy mis die doel.

Dadelik besef hy: Ek het geval. Ek het ‘n fout gemaak. Jy sien dit is in tye van bekommernis en in tye van woede, in tye van onkunde, wanneer jy op die spot geplaas word, wanneer die ou mens, die ou ek so baie maal na vore wil tree. Die ou mens moet begrawe wees. As ek in Christus is, is ek ‘n nuwe skepsel. Dit is in dié tye wat ons die Heilige Gees nodig het en ons, ons oë op Jesus gevestig moet hou! Nie op myself nie!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Search

Popular Posts

Categories

Tags