Direk na die Avondmaal praat Jesus met Petrus en Hy sê vir hom: Petrus jy gaan my verloën. En dan sê Petrus: Here ek sal U nooit verloën nie. Petrus sê: al moet ek saam met U sterf en al sal al die ander U verloën, ek sal U nie verloën nie.

Matteus 26 30En nadat hulle die lofsang gesing het, het hulle uitgegaan na die Olyfberg. 31Toe sê Jesus vir hulle: Julle sal almal in hierdie nag aanstoot neem aan My, want daar is geskrywe: Ek sal die herder slaan, en die skape van die kudde sal verstrooi word. 32Maar nadat Ek opgestaan het, sal Ek voor julle uit na Galiléa gaan. 33Daarop antwoord Petrus en sê vir Hom: Al sal almal ook aanstoot aan U neem, ek sal nooit aanstoot neem nie.34Jesus sê vir hom: Voorwaar Ek sê vir jou, in hierdie nag; voordat die haan gekraai het, sal jy My drie maal verloën.35Petrus sê vir Hom: Al moes ek ook saam met U sterwe, ek sal U nooit verloën nie !So het ook al die dissipels gesê.
Hierdie gesprek van Jesus en die dissipels vind plaas oppad na Getsémané. En terwyl Jesus met hulle praat en Petrus hierdie dinge bely sê Jesus vir Petrus,Jakobus en Johannes; “Ek wil hê julle moet saam met My kom, Ek wil verder gaan om te gaan bid en te gaan afsonder”. Jesus roep hulle uit by hulle naam en Hy sê: Ek wil hê julle moet saam met My gaan bid. Dis belangrik, want Ek voel daar is iets wat gaan gebeur en Ek voel angstig, en Ek wil hê julle moet saam met My bid, want die vlees is swak maar die Gees is sterk. Maar Ek moet gaan bid, kom bid asseblief saam met My.
36Toe kom Jesus met hulle in ‘n plek met die naam Gétsemané, en Hy sê vir die dissipels: Sit hier onderwyl Ek daar gaan bid. 37En Hy neem Petrus en die twee seuns van Sebedéüs saam en begin bedroef en benoud word.
Jesus begin bedroef en benoud word. Ons dink nie Jesus sal benoud word nie, maar Jesus was 100% mens op die aarde. Daar is ‘n gedeelte in die Woord van die Here wat vir ons sê: ons sal beproewing deurgaan, maar ons sal dit kan deurgaan met Sy hulp, want Hy is in alles beproef. En omdat Hy in alles beproef was, sal ons in staat wees om dit deur te kom omdat Hy dit deurgekom het. Jesus sou dit nie vir ons kon sê as Hy nie self deur daardie beproewing gegaan het en dit oorwin het nie.
38Toe sê Hy vir hulle: My siel is diep bedroef tot die dood toe; bly hier en waak saam met My. 39En Hy het ‘n bietjie verder gegaan en op sy aangesig geval en gebid en gesê: My Vader, as dit moontlik is, laat hierdie beker by My verbygaan; nogtans nie soos Ek wil nie, maar soos U wil.
In Sy menslikheid, die pad wat Jesus gaan stap om doodgemaak te word en die manier waarop dit gaan gebeur, maak Hom in sy siel bedroef. En Hy sê: Vader as Ek nie dit hoef te doen nie verlos My. So as hierdie beker kan verbygaan laat dit by My verbygaan. Hy sê: maar nie My wil nie, U wil. Nie wat Ek wil hê nie, maar wat U wil is.
40En Hy kom by die dissipels en vind hulle aan die slaap, en Hy sê vir Petrus: So was julle dan nie in staat om een uur saam met My te waak nie?




Leave a Reply