Die Blessing van Dankbaarheid:

Dankbaarheid is die gevoel van dank en waardering, ʼn uiting van dankbaarheid te kenne gee en ʼn woord van danksegging. Daar is ʼn nou verband tussen dankbaarheid en menslike geluk. ʼn Gelukkige mens is ʼn dankbare mens. Jy is bewus van die goeie dinge wat met jou gebeur en jy aanvaar dit nooit as vanselfsprekend nie. Jy weet dit is iets wat iemand jou gee. Ons as kinders van God weet dat dit iets is wat ons uit die hand van God ontvang.
Dankbaarheid of geluk is nie om alles te kry wat jy soek altyd nie, maar om lief te wees vir wat jy het, op ʼn gegewe oomblik in jou lewe en om dankbaar te wees daarvoor. As kinders van God toon ons dankbaarheid aan God vir die omstandighede waarin ons, ons bevind op ʼn bepaalde tyd. Die omstandighede kan goed wees of dit kan sleg wees. Maar ons is ten alle tye dankbaar. Die omstandighede sluit in ons huidige geloofs toestand, emotionele toestand, gesondsheids toestand en ook ons finansiële toestand.
Baie mense koppel dankbaarheid aan hulle finansies. In dankbaarheid erken ons God and Sy hand in ons lewens. Ons erken Sy leiding en Sy plan vir ons lewe in ons verlede, hede en toekoms. Dit is God se wil dat ons ten alle tye dankbaar moet wees, want daardeur gee ons erkening aan God in ons lewens. Ons gee erkening daaraan dat God ʼn plan vir ons lewens het. En dat God besig is om die plan in ons lewens uit te voer, in ons lewens te bewerkstellig. En ons moet bereid wees om daardie plan te aanvaar en na te volg.
Dit is duidelik dat God net die beste vir ons wil hê. God wil hê dat dit moet goed gaan met ons, in elke aspek van ons lewe; ons gesondheid, ons verhouding met God, ons verhoudings met ander, in ons finansies en in die kerk.
Wat is die blessing wat ons ontvang uit dankbaarheid? Deur dankbaar te wees oor ons omstandighede gee dit vir ons die geleentheid om te leer, te lei en te onderrig. Ons groei in ons geloof, in ons emosionele toestand, in ons gesondheid en ons groei in ons finansiële omstandighede.
Dankbaarheid lei tot vrede, omdat ons toelaat dat God in ons lewens in beheer is, omdat ons dit vir God gee. Dit verwyder vrees. Een van die grootste wapens wat die vyand teen ons gebruik is ons vrees en ons bekommernis. Sodra ons begin dankbaar is, sit ons daardie vrees/ bekommernis in God se hande en uit die vyand se hand. Dankbaarheid lei tot ʼn dieper verhouding en dieper vertroue in God.
Hoe betoon ons dankbaarheid teenoor God? Ons bring erkenning aan God deur om Hom te loof vir ons omstandighede en dit wat ons het, en sê – DANKIE!
Lofprys gaan hand in hand gepaard met erkening. Ons loof God deur ons lofprysing vir wat Hy vir ons doen, soos wat Dawid God geloof het, maak nie saak wat hy deurgegaan het nie.
Deur ons getuienis wat ons bring aan ander mense, oor wat met ons gebeur het en waardeur ons is, bring ons lofprysing aan die Here. Daardie getuienis is tot redding vir die wat hoor. Ons moet ander bedien. Wanneer ons dankbaar is moet ons dit deel met ander. As God jou seën, seën Hy nie net vir jou nie, Hy seën jou om ʼn seën te wees vir ander.
Ons moet volkome gehoorsaam wees aan die Woord van God – Sy wil en Sy wet. Ons moet luister na die plan wat God vir ons lewens het. Elkeen van ons het ʼn plan waar volgens God wil hê ons moet lewe.
Onderhouding van die gebooie, ons moet gehoorsaam wees in ons tiendes, dit betoon dankbaarheid vir wat jy ontvang. Alles behoort aan God! God het nie jou geld nodig nie, dit behoort klaar aan Hom, maar God het jou gehoorsaamheid nodig. Daardie gehoorsaamheid lei nie tot verrykking van die kerk nie, dit is vir jou!

Die Gevaar van Tevredenheid
Tevredenheid is die toestand van tevrede wees, ʼn gevoel van bevrediging en genoegdoening. Gelukkig te wees met iets. Daar is ʼn tipe tevredenheid wat nie in God se wil is nie, wat God nie in belangstel nie. En die hartseer saak is, die vyand vang ons met hierdie tipe tevredenheid, baie maal, baie maklik! Die vyand laat ons party maal voel ons is op ʼn goeie plek en ons is dankbaar daarvoor en tevrede met ons omstandighede waarin ons, ons bevind. Maar ons is in so ʼn mate tevrede dat ons niks daaromtrent doen nie.
Ons voel ons is op die plek waar ons wil wees en moet wees. Alles in ons lewe is goed en dit gaan voorspoedig met ons, ons het niks meer nodig nie. Hierdie gevoel van tevredenheid is ʼn valse en gevaarlike gevoel van tevredenheid. Dit lei tot stagnasie. Stagnasie is wanneer ons in ʼn roetine verval waar ons nie voorentoe of agtertoe wil gaan nie. Dit is ʼn gevaarlike plek vir die kind van God om te wees. Ons dien ʼn God wat altyd vooruitgaan, God staan nie stil nie en God wil dieselfde vir jou hê.
In God se lewe is daar nie so iets soos ʼn stop straat nie. En sodra ons op daardie punt van tevredenheid is, waar ons stagneer, stop ons by ʼn stop straat, en dit is nie wat God vir ons wil hê nie. God soek groei en vooruitgaan. God wil hê dit moet beter en beter met jou gaan!




Leave a Reply