WIE IS EK?

Die Persoon in die Spieël – Jy moet kies of jy van daardie persoon hou! Jy gaan elke dag daardie persoon in jou hart moet konfronteer, goed of sleg.

Die Persoon by die Werk – Die een wat ʼn impak kan maak in die lewens van ander. Hoe kies jy om mense te hanteer en te behandel? Verteenwoordig jy Jesus? Ek moet kies om die verskil te wees, Jesus is die voorbeeld wat ons moet volg.

Pa en Ma  – Kolossense 3:20 As jy wil hê jou kinders moet jou gehoorsaam moet jy die een wees wat die regte voorbeeld stel. Jy is verantwoordelik vir jou kinders se geestelike welstand.

Man en VrouKolossense 3: 18 “Vroue wees julle mans onderdanig soos dit betaamlik is in die Here. 19 Manne julle moet jul vroue liefhê en nie teen hulle verbitter word nie.”

Seun en Dogter – Jy is God se seun en dogter en jy is die mense voor jou se broer en suster in Christus. Ons moet mekaar geestelik ondersteun en help. Want as ons mekaar beter kan bedien, dan kan ons as Gemeente ander mense beter bedien, met vrymoedigheid.

Goddelike  Waardes!

Eerlikheid: Hoekom is dit ʼn belangrike waarde vir die kind van God? Die Woord van die Here sê dat jou ja  jou ja moet wees en jou nee jou nee! Ons moet Jesus se waardes uitleef!

Deursigtigheid: Dawid sê kom deursoek my hart! Ek wil die baadjie van voorgee kan uittrek – Here kan U my help? Ek wil deursigtig wees voor U.

Opregtheid: Kyk na ʼn kind, daar is geen verkeerde dinge in ʼn kind se hart nie. Jesus sê ons moet soos die kinders wees, nie kinderagtig nie, maar in vertroue opreg.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Search

Popular Posts

Categories

Tags