STAGNASIE IS DODELIK

Bear Grylls is ‘n ou wat hulle aflaai daar in die woud, in die woestyn of in die berg area. Hy word ‘n oorlewingsgids genoem en dan wys hy jou hoe maak jy om te oorleef in die wild. Water is baie, baie belangrik om te oorleef. En baie keer dan bevind hy hom op ‘n plek waar daar water is, maar die water is stagnant, dit het gestagneer. Dit staan stil, daar is nie ‘n in of ‘n uitvloei nie. Dan sal Bear Grylls baie keer kom en sê moenie sulke water drink nie, want water wat gestagneer het maak nie net siek nie, dit kan jou doodmaak.

In Openbaring 3:14 sien ons die gedeelte waar die Here die briewe aan die gemeentes stuur en dan deel Hy met hulle ‘n baie belangrike boodskap aangaande dit wat gebeur het, dit wat tans gebeur en dit wat gaan gebeur.

Openbaring 3:14 “En skryf aan die engel van die gemeente van die Laodicense: Dit sê die Amen, die getroue en waaragtige Getuie, die begin van die skepping van God:” Met ander woorde die Alfa en die Omega, God praat met hierdie gemeente. En dan sê Hy vir hulle die volgende woorde: 15”Ek ken jou werke, dat jy nie koud is en ook nie warm nie. Was jy tog maar koud of warm! 16maar nou omdat jy lou is en nie koud of warm nie sal Ek jou uit My mond spuug”.  Met ander woorde God sê: was jy eerder maar koud, dan het Ek geweet waar jy staan. Was jy warm, dan het Ek geweet waar jy staan, maar nou dat jy dubbelhartig lewe, nou dat jy louwarm is, sê Hy: kan Ek jou nie deel van My hou nie, kan Ek jou nie deel van My maak nie. Hy sê: “Ek spuug jou uit My mond uit”. 17“Want jy sê: Ek is ryk en het verryk geword en het aan niks gebrek nie; en jy weet nie dat dit jy is wat ellendig en beklaenswaardig en arm en blind en naak is nie”. Hy sê: Ek kyk na julle en julle dink julle is OK. Jy het geld, jy lewe, jy’s OK. Maar God sê: “jy sien nie jou armoede nie, jy sien nie jou geestelike vervalling nie, jy sien nie dat jy lou geword het nie”. Hy gebruik die woord naakheid, Hy verwys na geestelike naaktheid.

Die Here sê: ons is so vasgevang in ons lewens, in omstandighedes en situasies dat ons nie raaksien hoe dit ons lewens beïnvloed nie. Terwyl ons praat van louwarm wees stem dit ooreen met die onderwerp om te stagneer. Om op ‘n plek te kom waar dinge in jou lewe stilstaan, waar jy nie vloei en beweeg en doen wat God van jou vra om te doen nie.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Search

Popular Posts

Categories

Tags