Die Baba in die Krip

Kersfees word dikwels net geassosieer met die baba in die krip, terwyl die ware betekenis van Jesus Christus as Verlosser, Koning en Regter vergete word. Jesus is nie meer daardie babatjie nie. En die hartseer saak is, so
baie keer hou mense net vas aan daardie prentjie. En hulle ruk die hele boodskap omtrent wie Jesus is, uit verband uit.

Ons herinner ons kinders aan Kersvader. Maar my vraag is, het hulle ‘n verhouding met God die Vader? Want daar is regtig net een Vader, een Messias, een Verlosser, een Saligmaker, een Here. Ongelukkig wêreldwyd is mense besig om menslike tradisies bymekaar te stel wat hulle herinner van die babatjie in die krip.
Maar dis nie waar ons moet stilstaan nie. Die babatjie in die krip het groot geword. Hy was gekruisig aan die kruishout van Golgota. Hy het die dood oorwin. Hy het opgestaan en Hy lewe.
Hy het opgevaar na die hemel en Hy kom terug vir Sy bruid.

3 Dinge wat ons, ons aan moet herinner wanneer ons na die Baba in die krip kyk:

Hierdie Baba het GESAG en OUTORITEIT – Matteus 28:18.


18En Jesus het nader gekom en met hulle gespreek en gesê : Aan My is gegee alle mag in
die hemel en op aarde.

Jy sien hierdie babatjie is nie ‘n onskuldige babatjie wat net daar lê nie. Dis die Seun van
God wat regeer en heers met alle outoriteit en met alle gesag. Hy het nie gelewe nie, Hy
lewe vandag nog steeds. Dis Jesus wie ons herdenk.

Hierdie Baba HEERS oor die heelal – Efesiërs 1:20 – 23


20wat Hy gewerk het in Christus toe Hy Hom uit die dode opgewek het en Hom laat sit het
aan die regterhand in die hemele, 21bo alle owerheid en mag en krag en heerskappy en
elke naam wat genoem word, nie alleen in hierdie wêreld nie, maar ook in die
toekomstige. 22En Hy het alle dinge onder sy voete verwerp en Hom as Hoof bo alle dinge
aan die gemeente gegee, 23wat sy liggaam is, die volheid van Hom wat alles in almal
vervul.

God die Vader sê dis wat Jesus gedoen het. Hy het Hom bo alle owerhede en mag en krag
en heerskappy en elke naam wat genoem word, nie alleen in hierdie wêreld nie, maar ook
in die toekomstig geplaas. Wanneer ons na die Baba in die krip kyk moet ons onsself
herhinner dat Hy volle outoriteit het en Hy heers oor die heelal.


Die VOORBEELD wat hierdie Baba vir ons kom gee het terwyl Hy op die aarde was –
1 Petrus 2:21 – 25


21Want hiertoe is julle geroep, omdat Christus ook vir julle gely het en julle ‘n voorbeeld nagelaat het sodat julle Sy voetstappe kan volg. 22Hy wat geen sonde gedoen het nie en in wie se mond geen bedrog gevind is nie; 23wat, toe Hy uitgeskel is, nie terug uitgeskel het nie, toe Hy gely het, nie gedreig het nie, maar dit oorgegee het aan Hom wat regverdig oordeel; 24wat self ons sondes in sy liggaam op die kruishout gedra het, sodat ons die sondes kan afsterwe en vir die geregtigheid lewe; deur wie se wonde julle genees is. 25Want julle was soos dwalende skape, maar nou het julle teruggekeer na die Herder en
die Opsiener van julle siele.

Wanneer ons Christusfees vier, wanneer ons Kersfees vier, herinner dit ons aan wat Jesus vir ons kom doen het. En dat Hy vir jou en my ‘n voorbeeld daar kom stel, om in te volg. Dis snaaks hoedat ons oor Kerstyd hierdie dinge kan vergeet. Vergeet waaroor dit eintlik gaan. Vergeet wat het die Baba in die krip vir ons kom doen. En Hy sê: “Ek wil hê julle moet dit doen wat Ek gedoen het. Dis wat ‘n dissipel is.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Search

Popular Posts

Categories

Tags