Trompette Fees

Rosh Hashanah

Dit is die begin van die
herfsfeeste in die Joodse
kalender. Dit simboliseer ‘n
tyd van voorbereiding en
verwagting vir God se
mense, wat lei tot die
Versoendag (Yom Kippur).
Vir ons as Christene is dit
die verwagting van Jesus
se wederkoms en die
wegraping.

Die wegraping en wederkoms

Ons moet onderskeid kan tref tussen die wegraping (wanneer gelowiges opgeneem word om Jesus te
ontmoet) en die wederkoms (wanneer Jesus terugkeer aarde toe).

  • 1 Thessalonicense 4: 13-18
  • 1 Korintiërs 15: 50-58
  • Matteus 24
  • Sagaria 14

Voorbereiding en gereedheid

Dit is belangrik om geestelik gereed te wees, te bekeer en ‘n hegte verhouding met Jesus te handhaaf. Soos in die vergelyking van die 10 maagde (Mattheus 25:1-13) is dit belangrik vir ons om voorbereid te wees vir
Christus se wederkoms. Mattheus 1:13 Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet waarop die Seun van die mens kom nie.

Persoonlike verhouding met Jesus


Wanneer ons kyk na die verhaal van Marta en Maria sien ons die belangrikheiddaarvan om Jesus persoonlik te ken, nie net te dien of besig te wees nie. Ons moet ñ intieme verhouding met Christus soek en ten volle op Hom
vertrou.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Search

Popular Posts

  • Hallelujah
    Hallelujah

    PRYS DIE HERE Halleluja is ‘n Hebreeuse uitdrukking wat dikwels in die…

  • BE TRANSFORMED
    BE TRANSFORMED

    ROMEINE 12:2 AFR53En word nie aan hierdie wêreld gelykvormig nie, maar word…

  • Hosanna
    Hosanna

    VAN REDDING TO REDDER Mattheus 21 9 En die skare wat voor…

Categories

Tags