
Levitikus 23:33 – 44
En die Here het met Moses gespreek en gesê: Spreek met die kinders van Israel en sê: Op die vyftiende dag van hierdie sewende maand is dit sewe dae lank die huttefees vir die
Here.
33 34 Maar op die vyftiende dag van die sewende maand, as julle die opbrings van die land insamel, moet julle die fees van die
Here sewe dae lank vier; op die eerste dag is dit rusdag, en op die agtste dag is dit rusdag. En op die eerste dag moet julle vir julle vrugte neem van sierlike bome, met palmtakke en
takke van digte bome en rivierwilgers, en sewe dae lank voor die aangesig van die Here julle God vrolik wees. En julle moet dit as fees van die Here sewe dae in die jaar vier. Dit is ‘n
ewige insetting vir julle geslagte. In die sewende maand moet julle dit vier. Sewe dae lank moet julle in hutte woon; almal wat in Israel gebore is, moet in hutte woon, sodat julle geslagte kan weet dat Ek die kinders van Israel in hutte laat woon het toe Ek hulle uit Egipteland uitgelei het. Ek is die Here julle God.
Hierdie fees word deur die Jode gevier om hulle te herhinner dat hulle vir 40jaar in die wildernes in tente
gewoon het. Maar dit was nie God se wil dat hulle 40 jaar in die wildernes moes bly nie. Die beloofde land, die land van melk en heuning, dit was God se belofte vir hulle, maar hulle mis dit as gevolg van hulle ongehoorsaamheid, en dit lei na 40jaar in die wildernes.
Waar bevind jy jouself vandag? Is jy tevrede met die tent waarin jy woon, terwyl die land van melk en
heuning vir jou wag?
Deuteronomium 8: 7-10 – Die Beloofde Land



Leave a Reply