Purpose over Pain

Ester 4:14

Wat is Pyn? Pyn is daar om jou liggaam seer te maak, jou gemoed te breek en jou te stop. Die vyand gebruik pyn om ons te verwoes en ons te laat voel dat ons nie goed genoeg is nie. Die seer wat ons deurgaan het vir ons iets normaal geraak, ons is al so gewoond aan ons pyn dat ons kies om met dit saam te lewe.

Ester was nie altyd ʼn Konining nie, sy was ʼn gewone mens met regte probleme en uitdagings. Ons kyk altyd net na die mooi van haar storie, maar nie na haar geweldige hartseer begin nie.

JOU SEER IS NIE WIE JY IS NIE!!!

Pyn steel jou vrymoedigheid en dit maak jou stil. Ester moes ʼn baie groot keuse maak. Was sy bereid om stil te bly om haar eie lewe te red.  Of was sy bereid om iets te sê, om God se volk te red, al sou dit beteken sy kon sterf. Ester moes die keuse maak: Purpose or Pain?

Sy het haar purpose (doel) bo haar pyn gekies.  Sy het gekies om GELOOF te hê in God en om op God te vertrou.

WAT KIES JY: PURPOSE OR PAIN!

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Search

Popular Posts

Categories

Tags