Aanbidding in Gees en in Waarheid

ʼn Leefstyl van Lof, Prys en Aanbidding

Hart van liefde wat God prys en aanbid vir wie Hy is. Verlief te wees op liefde self – God is liefde! Om jou liggaam, siel en gees te gebruik om God te verheerlik en om Hom te prys – Matt 22:34-38 Om met vreugdevolle dankbaarheid God te prys en opgewonde te wees oor die Here – Ps 56:5-12 Jou stem en liggaam onbeskaamd te gebruik om God te verheerlik en Hom te aanbid – Ps 103:1 Dit is tyd om opgewonde te raak oor GOD!

Om lofsang en lof tot God te sing met ʼn harde stem. ʼn Leefstyl van heiligheid / heiligmaking. Die God wat ons dien hou daarvan om tyd te spandeer in die lofsange van Sy volk – Ps 22:1-4 God wil nie inpas in sekere areas van ons lewe nie, Hy wil deel wees van ons elke dag lewe. Om bewus te wees van Sy teenwoordigheid het niks te doen met wat ons sing of wat ons belei nie, maar het alles te doen met die verhouding wat ek met God het en die lewe wat ek lewe – Matt 7:15-23. God is ALTYD by ons!

Om jou hande te gebruik om God te verheerlik sonder skaamte. Opheffing van God se Heilige naam, om Hom te vereer, te verheerlik en te aanbid. Om met uitgestrekte hande in oorgawe te bely, te verheerlik, te erken en te admireer. Prys God omdat ons kan lewe – Ps 139:13-15 Omdat God ons verlos het – Ps 107:1-9 ‘n Teken van oorgawe, omdat ek U lief het.

Offer van dankbaarheid in en deur geloof, ʼn lewe van dankbaarheid – Ps 116:12-19. Om God te loof en te prys in geloof vir die dinge wat nie bestaan nie, as of dit bestaan. ʼn Baie kragtige wyse van lofprysing, want dit is vol geloof. Dankbaarheid moet in my mond wees, getuienis!

Ek kniel in ootmoedigheid (submission) aan God, om God te seën. Ek seën in eer en erkentenis, in admirasie vir wie God is – Opb 4:11. Ons moet God seën met ons lof, aanbidding, ons bediening, met ons elke dag lewe. Daar is niks wat God nie geskape het wat Hy nie geseën het nie – Matt 6:19-21. Wanneer ons kan erken dat Jesus werklik die bron van alle seën is, dan skep dit in ons daardie grondslag in ons lewe waardeur ons ander mense kan bereik en ander mense kan bedien, met die liefde en die krag van God – Kol 1:15-20. Jy kan nie gee – wat jy nie het nie!

Dis ʼn luide uitroep van lofprysing. Om te oorwin, om te verheerlik, om te skree en om ʼn luidstem te gebruik om God hoog te prys en hoog te ag – Han 2:46-47. Dis ʼn vereiste vir elke kind van God om God so te loof en prys; want Hy is waardig, Hy is Majesteit, Hy is heerlik, Hy is groot en Hy is loofwaardig. Jesus wys ons hoe om te leef, deur die hele Woord, van Genesis tot Openbaring – Legacy. Die rede hoekom jy die Here moet loof en prys – Ps 63:4, Ps 145:1-21, Ps 141:1-12, Opb 5:1-14
Jesus ons Legacy verdien dit alles!

Search

Popular Posts

Categories

Tags