AGS van SUID AFRIKA

Die Apostoliese Geloofsending van Suid-Afrika
(AGS) is ‘n Suid Afrikaanse Pinkster Christelike kerk wat deur Amerikaanse sendelinge in 1908 gestig is. Die vroeë ontwikkeling van die AGS word gekoppel aan John G. Lake en Thomas Hezmalhach wat ‘n groot rol as sendelinge van die Verenigde State gespeel het. Huidiglik bestaan die AGS van S.A uit meer as 1,4 miljoen lidmate in S.A en het gevestigde Gemeentes in 28 lande van die wêreld…
AGS Nuwe Begin
AGS Bedworthpark is in 2000 geplant deur
Ps. Brazer. In 2010 is Ps. Eben & Liandre Delport beroep na Bedworthpark as Presiderende Pastoor.


Lewende Water Pinkster Bediening / Rehobot
Rehobot Pinkster Bediening is geplant deur Ps.
Gert & Thea Prinsloo in 1995. Die grond waarop die Gemeente gebou tans staan, was aangekoop in 2002 en die Gemeente het later met ontwikkeling begin.
1 NOVEMBER 2016 het AGS Nuwe Begin en
Rehobot Pinkster Bediening hul eerste
gemeenskaplike byeenkoms gehad. En vier tans
10jaar as een Gemeente, onder die leiding van Ps. Eben & Liandre Delport.











Leave a Reply