Die Berouvolle Hart voor die Heilige God
Die Versoendag was ‘n heilige en ‘n ernstigste dag van die jaar. Die volk moes
hulleself verneder, hulle werk neerlê en voor God staan met die besef dat sonde
nie lighartig opgeneem kan word nie. Die hoëpriester het met bloed ingegaan,
want versoening kom nie deur menslike prestasie nie, maar deur ’n offer wat
God aanvaar (Levitikus 16).

Hierdie fees verwys na Jesus Christus, ons volmaakte Hoëpriester, wat nie met
die bloed van diere nie, maar met Sy eie bloed ewige verlossing gebring het. In
die eindtyd wys dit ook na ’n dag van diep berou en finale rekenskap (Hebreërs
9:11-14).

Sagaria praat van ’n volk wat sal kyk na Hom wat deurboor is en sal treur (Sagaria 12: 10).
Johannes weerklank die woorde van Sagaria in Openbaring 1:7 – “Kyk, Hy kom met die wolke, en elke oog sal Hom sien, ook hulle wat Hom
deursteek het; en al die geslagte van die aarde sal oor Hom rou bedryf; ja, amen!”

Openbaring herinner ons dat die boeke oopgemaak sal word. Daarom is vandag
die dag om genade te ontvang (Openbaring 21:11-15).
Bekering is nie net om jammer te voel nie; dit is om voor God te buig, sonde by die naam te noem, en jou vertroue volkome in Christus se bloed te plaas. Moenie wag vir die Wit Troon Oordeel om ernstig te word nie.
Kom nou na die Troon van Genade.





Leave a Reply