God se Roep in die Laaste Dae

Die Fees van Trompette begin met ’n trompet geluid. Dit is nie ’n sagte
fluistering nie, maar ’n Heilige basiun. Die trompet roep die volk tot rus,
samekoms, onderskeiding en voorbereiding (Levitikus 23:23-25). In God se
Woord kondig trompette beweging, oorlog, waarskuwing, oordeel en
koningskap aan.
Hierdie fees is ’n profetiese beeld van die eindtyd: God roep Sy mense om
wakker te word voordat die groot dag van die Koning se koms aanbreek
(Openbaring 11:15).
Jesus sê dat daar ’n groot trompet sal klink wanneer Hy Sy uitverkorenes
bymekaar maak (Matt. 24:31). Paulus leer ons dat die dode in Christus opgewek sal word by die laaste trompet (1 Korinthiërs 15:51–52) . En
Openbaring wys dat trompette ook die wêreld waarsku voor God se finale koninkryks proklamasie (Openbaring 10:7).


Die boodskap is duidelik: Die kind van God moenie slaap nie. Ons moet luister, onderskei, waak en gereed wees. Daar is ‘n roep tot bekering. As die trompet vandag in jou hart klink, moenie jou gewete stilmaak nie. Keer terug na die Here.
Laat elke kompromie,
geheime sonde en geestelike traagheid voor Hom neerval.
Die Koning kom – laat jou lamp brand.




Leave a Reply