Your cart is currently empty!

Ons Kerk
Die begeerte van die AGS
Die AGS kan deur ‘n paar onlosmakende kenmerke onderskei word: Die doop in die Heilige Gees Doop van die Gelowige (Gaan gepaart met Wedergeboorte), Christus se Groot en Gehoorsaamheid aan God se Groot kommissie. Ons het die Heilige Gees en Sy krag ontvang om missionaal te wees (Hand 1:8 “maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judéa en Samaría en tot aan die uiterste van die aarde”.) Daarom verwys ons na ons Gemeentes as Apostoliese Gemeenskappe en ons lede as Apostoliese Agente. Ons poog om ons hele Kerk te inspireer en te mobiliseer om die hele evangelie na die hele wêreld te neem.
Die begeerte van die AGS is om ons samelewing te versadig met die teenwoordigheid van God en die beginsels van Sy Koninkryk wat gebaseer is op God se Woord. Ons uniekheid lê in ons diversiteit en akkommodasie vermoë. Dit is ons begeerte om ‘n Gemeente te wees waar ons vir u en u gesin ‘n Geestelike tuiste skep waar u deel van die familie in Chistus Jesus kan wees.

AGS Nuwe Begin se Hart!

Ons visie as AGS Nuwe Begin is om siele te wen en Dissipels te maak. Ons streef daarna om ons lewens op so ‘n wyse te lewe dat ons God se groot opdrag kan vervul en daarin God se groot kommissie kan uitleef. Ons doelwit in die Gemeente is om te sien dat elke Gemeentelid , ‘n leier van leiers sal word. Om herders oor God se kudde te wees.
Ons glo dat elke kind van God ‘n verantwoordelikheid het om die volgende generasie op te lei en toe te rus om hulle God gegewe rol in die liggaam van Chritus te vervul. Ons is volgelinge (dissipels) van God Drie-enig. Soos Paulus gesê het in 1 Kor. 11:1 “wees my navolgers, soos ek dit ook van Christus is”.
Geskiedenis

AGS Nuwe Begin: AGS Bedworthpark is in 2000 geplant deur Ps. Brazer.
In 2010 is Ps. Eben & Liandre Delport beroep na AGS Bedworthpark as Presiderende Pastore.
1 November 2016 het AGS Nuwe Begin en Rehobot Pinkster Bedieninge verenig en 1st gemeenskaplike byeenkoms gehad.
