{"id":1460,"date":"2025-08-16T08:16:56","date_gmt":"2025-08-16T08:16:56","guid":{"rendered":"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/?p=1460"},"modified":"2025-08-16T08:16:59","modified_gmt":"2025-08-16T08:16:59","slug":"jou-ewige-erfenis","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/index.php\/2025\/08\/16\/jou-ewige-erfenis\/","title":{"rendered":"Jou Ewige Erfenis"},"content":{"rendered":"\n<div class=\"wp-block-media-text is-stacked-on-mobile\"><figure class=\"wp-block-media-text__media\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"769\" height=\"480\" src=\"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/08\/seedling-wb.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1465 size-full\" srcset=\"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/08\/seedling-wb.jpg 769w, https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/08\/seedling-wb-300x187.jpg 300w, https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/08\/seedling-wb-600x375.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 769px) 100vw, 769px\" \/><\/figure><div class=\"wp-block-media-text__content\">\n<p>1 Petrus 1 4sodat ons &#8216;n onverganklike en onbesmette en onverwelklike erfenis kan verkry, wat in die hemel bewaar is vir ons.<\/p>\n\n\n\n<p><strong>Onverganklike<\/strong> beteken iets wat nie tot niet kan gaan nie. Dit kan nie verval nie of dit kan nie vernietig word nie. Dit is iets wat ewigdurend is, iets wat onsterflik en onverderflik is.<\/p>\n\n\n\n<p>Die volgende woord wat daar gebruik word is <strong>Onbesmette<\/strong>. Wat beteken onbesmet? Sonder vlekke of besoedeling. Skoon en suiwer, moreel rein, sonder sonde en sonder skuld.<\/p>\n<\/div><\/div>\n\n\n\n<p><strong>Onverwelklike<\/strong> is iets wat nie kan verwelk of verdof nie. Iets wat altyd vars en mooi bly. Iets wat blywend van aard is, iets wat voortdurend in dieselfde goeie kondisie en toestand bly. Met ander woorde dit word nie ouer nie, dit verwelk nie, dit raak nie dof nie, dit bly soos wat dit oorspronklik geskape is.<\/p>\n\n\n\n<p>Hierdie drie woorde gebruik die Woord van God hier om vir ons te s\u00ea daar is &#8216;n erfenis wat onverganklik, onbesmet en onverwelklik is. &#8216;n Erfenis wat nooit kan vergaan nie, &#8216;n erfenis wat nooit kan besmet nie, &#8216;n erfenis wat nie kan verwelk nie. &#8216;n Ewige erfenis wat in die hemel vir elke kind van God in bewaring gehou word.<\/p>\n\n\n\n<p>As jou pa vir jou kwaad is omdat jy nie doen wat hy wil h\u00ea jy moet doen nie dan onterf hy jou. Nie die erfenis wat ons by God kry nie. Weet jy as God iets bewaar kan geen mens daaraan raak nie? Kyk, toe God die tuin van Eden gesluit het nadat Adam en Eva gesondig het kon niemand weer daar in gaan nie. Kyk hoe God die deur van die ark gesluit het.<\/p>\n\n\n\n<p>As God jou erfenis verse\u00ebl is dit vas vir altyd. En ons erfenis is nie net die hemel nie, dis die koninkryk van God. Dis die volheid van God, dis Sy se\u00ebn, dis Sy verlossing, dis Sy redding, dis Sy alles wat Hy vir ewig vir jou en my bewaar. Die Christen, die kind van God, die wedergebore, Heilige Gees gevulde, Bybelgelowige, bloedgewasde kind van God het &#8216;n toekoms wat vir ewig deur God beskerm word. Nie net belydende Christene nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Wat beteken dit vir elkeen van ons? Wat Petrus hier s\u00ea is, dat die mense vir wie hy skryf, daardie wat verstrooi is, wat vervreemd geraak het, wat as bywoners gesien. word deur die Romeine, s\u00ea hy: God het julle uitverkies vir &#8216;n spesifieke doel en &#8216;n plan.<\/p>\n\n\n\n<p>2in die heiligmaking van die Gees, tot gehoorsaamheid en besprenkeling met die bloed van Jesus Christus: Mag genade en vrede vir julle vermenigvuldig word!<\/p>\n\n\n\n<p>Ons sien in die begin van die skrif dat Petrus hierdie geskrewe rig aan die uitverkores. Dit is nie meer net die wat verstrooi is nie, maar die uitverkores van God. Met ander woorde gelowiges wat uitverkore is, wat gered is, geregverdig is, geheilig is, maar wat in &#8216;n w\u00eareld lewe. In daardie w\u00eareld word hulle gesien as vreemdelinge.<\/p>\n\n\n\n<p>Die w\u00eareld mag dalk kom en ons sien as vreemdelinge. Hulle mag dalk dink jy is weird. Hulle mag dalk dink jy is anders. Hulle mag dalk nie verstaan hoe kan jy die dinge doen wat jy doen en hoekom laat jy sekere geleenthede maar net verbygaan en hoekom wil jy nie deel h\u00ea aan sekere goed nie. Vir die w\u00eareld maak dit nie sin hoe kan jy in die kerk sit as dit koud is nie. Vir die w\u00eareld maak dit nie sin dat jy bereid is om alles te los en Jesus te volg nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Die rede is nie as gevolg van iets wat ons doen of kry nie, ons weet dit is as gevolg van wie ons is. En ons is burgers van &#8216;n ewige tuiste, &#8216;n ewige koninkryk.<\/p>\n\n\n\n<p>Die realiteit is, jy is op jou pad hemel toe. Elke dag langer op hierdie aarde is &#8216;n dag nader aan die hemel. Wanneer ons oor beweeg het ons &#8216;n ewige burgerskap in Jesus Christus.&#8217;n Burgerskap wat God bevestig het vir altyd en vir ewig.<\/p>\n\n\n\n<p>Jou waardes en jou prioriteite is anders as die wat buite Christus is. En daarom kan ek nie myself vereenselwig of kan ek nie myself verbind met prioriteite en waardes wat nie moreel en nie deel is van dit wat God se Woord s\u00ea nie. En as gevolg van dit word jy gesien as &#8216;n bywoner.<\/p>\n\n\n\n<div class=\"wp-block-media-text is-stacked-on-mobile\"><figure class=\"wp-block-media-text__media\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"640\" height=\"640\" src=\"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/08\/Philippians-3_20-21.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1464 size-full\" srcset=\"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/08\/Philippians-3_20-21.jpg 640w, https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/08\/Philippians-3_20-21-300x300.jpg 300w, https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/08\/Philippians-3_20-21-150x150.jpg 150w, https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/08\/Philippians-3_20-21-600x600.jpg 600w, https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/08\/Philippians-3_20-21-100x100.jpg 100w\" sizes=\"auto, (max-width: 640px) 100vw, 640px\" \/><\/figure><div class=\"wp-block-media-text__content\">\n<p>Dit s\u00ea nie ons lewe nie saam in die w\u00eareld nie. Dit s\u00ea nie ons deel dalk nie kantore by die werk nie. Dit s\u00ea nie ons loop dalk nie dieselfde pad nie, maar dit s\u00ea ek het nie dieselfde waardes en prioriteite as hulle nie, omdat ek dinge anders beleef nie, omdat ek genade gevind het en Jesus het my o\u00eb oopgemaak en ek wil anders leef. So Petrus kom en hy deel met die mense, hy s\u00ea: &#8220;Julle waardes is anders, julle prioriteite is anders.&#8221;<\/p>\n\n\n\n<p><\/p>\n\n\n\n<p>Dit kos &#8216;n prys. Dit kos dat jy dalk verwerp word, kos dalk dat jy skuldig aangekla word vir iets wat jy eens op &#8216;n stadium gedoen het. Ons is op die aarde maar ons is nie van die aarde nie. Ons burgerskap is &#8216;n ewige<br>burgerskap en dis waarheen ons op pad is.<\/p>\n<\/div><\/div>\n\n\n\n<p><br><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>1 Petrus 1 4sodat ons &#8216;n onverganklike en onbesmette en onverwelklike erfenis kan verkry, wat in die hemel bewaar is vir ons. Onverganklike beteken iets wat nie tot niet kan gaan nie. Dit kan nie verval nie of dit kan nie vernietig word nie. Dit is iets wat ewigdurend is, iets wat onsterflik en onverderflik [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":1453,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-1460","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1460","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1460"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1460\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1466,"href":"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1460\/revisions\/1466"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media\/1453"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1460"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1460"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1460"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}