{"id":1409,"date":"2025-07-12T15:05:13","date_gmt":"2025-07-12T15:05:13","guid":{"rendered":"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/?p=1409"},"modified":"2025-07-12T15:08:08","modified_gmt":"2025-07-12T15:08:08","slug":"lesse-uit-petrus-se-lewe","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/index.php\/2025\/07\/12\/lesse-uit-petrus-se-lewe\/","title":{"rendered":"Lesse uit Petrus se lewe"},"content":{"rendered":"\n<p>Daar is soveel lesse wat ons uit die lewe van Petrus kan leer. Net uit die verlo\u00ebning kan ons sien dat dit nie net gaan oor wat ons lees en sien met die oog nie, maar dat daar dieper betekenis is. God se Woord is nie net die woorde voor ons op papier nie, maar dit is ook die Woord wat die Gees met ons deel.<\/p>\n\n\n\n<p>Partykeer dink ons: Ek sal nooit Jesus verraai soos Judas nie. Ek sal nooit Jesus verlo\u00ebn soos Petrus nie. Dit is alleenlik genade op genade wat ons kan help om staande te bly om dit nie te doen nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Met Petrus se eerste verlo\u00ebning sien ons dat ons word blootgestel aan groepe en aan mense. Ons het met mense in ons lewens te doen en in daardie verhouding word ons baie keer op die <em>spot<\/em> geplaas. En uit vrees uit of uit bekommernis uit of omdat ons mense nie wil <em>offend<\/em> nie of mense nie wil te nakom nie, dan bly ons stil oor ons geloof en dan ontken ons Jesus.<\/p>\n\n\n\n<p>Is Jesus vir jou en my genoeg? Is Jesus dit werd om vir Sy naam op te staan? Want tydens Petrus se tweede verlo\u00ebning kom daar &#8216;n diensmeisie en sy herken vir Petrus en sy s\u00ea vir hom, maar jy is deel van Jesus en van Sy groep. En hierdie vraag trigger iets in Petrus en vir \u0149 tweede keer verlo\u00ebn hy Jesus.<\/p>\n\n\n\n<div class=\"wp-block-media-text is-stacked-on-mobile\"><figure class=\"wp-block-media-text__media\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"259\" height=\"262\" src=\"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/They-Are-Your-Buttons.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1413 size-full\" srcset=\"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/They-Are-Your-Buttons.jpg 259w, https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/They-Are-Your-Buttons-100x100.jpg 100w\" sizes=\"auto, (max-width: 259px) 100vw, 259px\" \/><\/figure><div class=\"wp-block-media-text__content\">\n<p>Ons loop baie keer met trigger points. Daar is dinge in ons verlede wat &#8216;n trigger veroorsaak. En ons wil God dien en ons is voluit vir die Here, maar ons deel nie altyd met daardie trigger points nie. En die vyand weet hoe om die knoppies te druk of hoe om jou te laat trigger.<\/p>\n\n\n\n<p>Dan baie maal wanneer jy dit die minste verwag wanneer jy aangeval word of op die <em>spot<\/em> geplaas word dan word daardie goed getrigger en dan tree ons op en dan net soos Petrus kom ons partykeer dan s\u00ea ons, ons ken die man nie.<\/p>\n<\/div><\/div>\n\n\n\n<div class=\"wp-block-media-text has-media-on-the-right is-stacked-on-mobile\"><div class=\"wp-block-media-text__content\">\n<p>Baie keer kom ons ook op &#8216;n plek waar ons dink geestelik is ek volwasse en ek sal nie val nie. Jesus kom en Hy waarsku vir Petrus en toe Hy met Petrus gesels s\u00ea Petrus: Here ek sal U nie verlo\u00ebn nie. Ek sal saam met U staan. Ander sal dit dalk doen, maar ek sal nie, al kos dit dat ek moet sterf saam met U. Het hy dalk onbewustelik te groot geraak in homself.<\/p>\n\n\n\n<p>Gedink dat die Here Jesus het hom op die water laat loop. Hy was deel van die 5000 man wat voedsel gekry het en hy was deel van die wat die kos gaan uitdeel het. Jesus s\u00ea ook vir hom: Op jou, op jou openbaring wat jy van My het bou Ek my kerk, Petrus.<\/p>\n<\/div><figure class=\"wp-block-media-text__media\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"832\" src=\"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/2024-p-51-Peter-01-1024x832.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1414 size-full\" srcset=\"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/2024-p-51-Peter-01-1024x832.jpg 1024w, https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/2024-p-51-Peter-01-300x244.jpg 300w, https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/2024-p-51-Peter-01-768x624.jpg 768w, https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/2024-p-51-Peter-01-600x487.jpg 600w, https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/07\/2024-p-51-Peter-01.jpg 1080w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><\/figure><\/div>\n\n\n\n<p>Wanneer ons geval het dan voel ons sleg en ons het berou en so baie maal dan s\u00ea ons Here ek sal dit nooit weer doen nie. Dan kom ons en ons val en ons is negatief en ons besef ons het &#8216;n fout gemaak en dan bid ons: Here wil U nie asseblief die versoeking net verwyder nie?<\/p>\n\n\n\n<p>Die woord s\u00ea toe Petrus besef dat hy Jesus verlo\u00ebn het, het hy dadelik uitgegaan en bitterlik geween. So baie maal voel ons so skuldig en so sleg dat ons nie eers kan bid nie, want ons is die grootste sondaars en ons is nie goed genoeg nie. Dis hoe die vyand jou wil laat voel.<\/p>\n\n\n\n<p>Julle sien wanneer dinge nie gaan soos wat ons wil h\u00ea dit moet gaan nie, waar omstandighede anders uitdraai, is ons geneig om in die ou mens terug te val van waar ons vandaan kom. Ons moet dan tot God terugkeer vir bekering, tot God nader vir vergifnis. Die Here s\u00ea kom na My toe almal wat vermoeid en belas is. Kom na My toe!<\/p>\n\n\n\n<p>Was jy al so benoud in jou siel oor omstandighedes en situasies en jy vra vir mense om jou om te help, jou te ondersteun en saam met jou te bid en dan kom jy by hulle en dan \u2018slaap\u2019 hulle. Dan bid hulle nie regtig saam met jou nie, met ander woorde jy staan alleen. Jesus vra vir hulle: waak saam met My, bid saam met My en hulle raak aan die slaap. En dan &#8216;n tweede maal gaan Jesus en Hy bid weer.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-primary-color has-text-color has-link-color wp-elements-50622edf554ce03261ec074fb7d5e5d6\"><em><sup>42<\/sup><\/em><em>Weer het Hy vir die tweede maal gaan bid en ges\u00ea: My Vader, as hierdie beker nie by My kan verbygaan sonder dat Ek dit drink nie, laat U wil geskied.<\/em><em> <\/em><em><sup>43<\/sup><\/em><em>Toe kom Hy en vind hulle weer aan die slaap, want hulle o\u00eb was swaar. <sup>44<\/sup>En Hy het hulle met rus gelaat en weer vir die derde maal gaan bid en dieselfde woorde ges\u00ea.<\/em><em> <\/em><em><sup>45<\/sup><\/em><em>Daarop kom Hy by sy dissipels en s\u00ea vir hulle: slaap maar voort en rus.<\/em><em> <\/em><em>Kyk, die uur is naby, en die Seun van die mens word oorgelewer in die hande van sondaars. <sup>46<\/sup>Staan op, laat ons gaan; kyk, hy is naby wat My verraai.<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Baie maal wil ons vir die Here iets doen en baie maal praat die Here met ons. En voordat ons dit kan doen, word ons moeg en dan raak ons o\u00eb swaar, dan raak ons omstandighede moeilik. Wat gebeur? Dan \u2018slaap\u2019 ons. In plaas daarvan om te waak en te bid en God te soek raak ons moeg en aan die slaap. En wanneer jy moeg raak en aan die slaap is in plaas daarvan om te waak en te bid, dan gee jy nie ag op wat God met jou deel nie. Dan gebeur dit dat ons partykeer mis wat die Here vir ons s\u00ea.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-primary-color has-text-color has-link-color wp-elements-e685c3ab56669e9a07b565d4aaeccc2b\"><em><sup>57<\/sup><\/em><em>En die wat Jesus gevange geneem het, het Hom weggelei na K\u00e1jafas, die ho\u00ebpriester, waar die skrifgeleerdes en die ouderlinge vergader het. <sup>58<\/sup>En Petrus het Hom van ver af gevolg tot by die paleis van die die ho\u00ebpriester, en hy het ingegaan en by die dienaars gaan sit om die einde te sien.<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Petrus volg van ver af en hy kyk hier van agter af. Petrus het klaar aangeneem hierdie ding gaan in &#8216;n sekere rigting in beweeg; so hy gaan van ver af kyk, hy wil sien wat is die einde.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-primary-color has-text-color has-link-color wp-elements-9b6007d92940db9d89d33e1b3be904a7\"><em><sup>59<\/sup><\/em><em>En die owerpriesters en die ouderlinge en die hele Raad het valse getuienis teen Jesus gesoek om Hom dood te maak, en niks gevind nie. <sup>60<\/sup>En alhoewel daar baie valse getuies gekom, het hulle niks gevind nie.<\/em><em><\/em><\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-primary-color has-text-color has-link-color wp-elements-10361caa5b946d4ea5a7cc36327961b1\"><em><sup>69<\/sup><\/em><em>En Petrus het buitekant gesit in die binneplaas van die paleis, en &#8216;n sekere diensmeisie het na hom gekom en ges\u00ea: Jy was ook by Jesus, die Galil\u00e9\u00ebr!<\/em><\/p>\n\n\n\n<p>Met ander woorde hulle sit daar, daar is &#8216;n klomp mense en onthou nou die massas, die groepe, die menigte het saam gevolg toe hulle Jesus gevange neem en na die paleis neem. En nou sit hulle almal in die binnehuis en daar kom &#8216;n diensmeisie en sy s\u00ea vir Petrus: ek herken jou. Jy is mos een van die dissipels wat saam met Jesus geloop het. Jy was saam met Hom, ek het die storie gehoor waar jy op die water geloop het. Ek onthou hoe jy vir ander gebid het en God het hulle genees. Met ander woorde jy was saam met Hom. Ek herken jou. En kyk wat s\u00ea Petrus vir haar.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-primary-color has-text-color has-link-color wp-elements-1878c004ad43b69e7d3910170ec1ce53\"><em><sup>70<\/sup><\/em><em>Maar hy het dit voor almal ontken en ges\u00ea: Ek weet nie wat jy s\u00ea nie.<\/em><\/p>\n\n\n\n<p><em>Ek weet nie wat jy s\u00ea nie!<\/em> Kan ons s\u00ea dit is nie di\u00e9 Petrus wat s\u00ea: Here al moet ek sterf, ek sal U nie verlo\u00ebn nie. Dieselfde aand na die Avondmaal. In sy swakheid verlo\u00ebn Petrus Jesus en s\u00ea dat hy Jesus nie ken nie! Petrus is swak in sy vlees en so lei dit tot die punt waar hy Jesus verlo\u00ebn. Iets wat ons baie keer mee kan vergelyk. Iets wat ons dalk ook al gedoen het?<\/p>\n\n\n\n<p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Daar is soveel lesse wat ons uit die lewe van Petrus kan leer. Net uit die verlo\u00ebning kan ons sien dat dit nie net gaan oor wat ons lees en sien met die oog nie, maar dat daar dieper betekenis is. God se Woord is nie net die woorde voor ons op papier nie, maar [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":1391,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-1409","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1409","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1409"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1409\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1415,"href":"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1409\/revisions\/1415"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media\/1391"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1409"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1409"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1409"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}