{"id":1359,"date":"2025-06-18T14:06:23","date_gmt":"2025-06-18T14:06:23","guid":{"rendered":"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/?p=1359"},"modified":"2025-06-18T14:06:31","modified_gmt":"2025-06-18T14:06:31","slug":"kan-iemand-jesus-volg-en-nie-verander-nie","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/index.php\/2025\/06\/18\/kan-iemand-jesus-volg-en-nie-verander-nie\/","title":{"rendered":"Kan iemand Jesus volg en nie verander nie?"},"content":{"rendered":"\n<p>Ons bevind onsself in &#8216;n tydperk na Pasga (Paasfees), 50 dae na die opstanding, waar Jesus op die aarde was en met Sy dissipels ontmoet het in voorbereiding tot Hemelvaart en die uitstorting van Sy Heilige Gees. In hierdie tyd is daar &#8216;n belangrike boodskap, maar ook &#8216;n eienaardige situasie in die liggaam wat die dissipels in die tydperk, waar hulle gewag het op die Here, moes deurgaan. En hierdie situasie is nie noodwendig iets wat ons na kyk nie &#8211; Die lesse wat ons uit die lewe van Judas Iskariot kan leer. <\/p>\n\n\n\n<p>Daar was &#8216;n geleentheid waar Judas &#8216;n dissipel van Jesus was en toe het hy Jesus verraai. En Jesus is gekruisig. Ja, Jesus het opgestaan, maar Judas het sy eie lewe geneem. In hierdie milieu is daar dissipels wat saam met hom bedien het vir meer as drie jaar, broers wat saam in die geloof saam met Jesus &#8216;n pad gestap het en hier verloor hulle vir Jesus (en dank die Here Hy&#8217;t opgestaan), maar hulle verloor ook vir Judas. Judas was hulle boetie. Judas het saam met hulle gelewe. Judas was deel van die twaalf wat gekies was om saam vir God te werk \u2013 Markus 10. In hulle harte moes hulle ook seer gehad het, want Judas verraai nie net vir Jesus nie, hy neem ook sy lewe. Daar was dalk vrae. Judas,hoe kon jy dit doen? Wat is die doel? <\/p>\n\n\n\n<p>Wanneer ons na die lewe van Judas kyk dan sal ons sien dat daar &#8216;n paar dinge in sy lewe gebeur het, maar in dit het hy &#8216;n paar dinge verloor. Hy het dit alles verloor en op die einde het hy sy lewe ook verloor. Sien Judas het daardie persoonlike teenwoordigheid van Jesus verloor. Judas het daardie kragtige broederskap en daardie geestelike verhouding van al die dissipels en die liggaam van Christus verloor. Daar was &#8216;n tyd waar hy deel was van die dissipels, waar hy een van hulle was, maar hy verloor dit. Hy het die voorreg gehad om deel te wees van &#8216;n goddelike bediening, &#8216;n goddelike bediening wat begin het en wat tot vandag toe aanhou en nog steeds lewens verander. Judas het ook sy beloning in die ewige lewe, in die hemel verloor. <\/p>\n\n\n\n<p>Maar Judas se lewe was nie te vergeefs nie. Ja, hy het nie ge\u00ebindig soos wat ons sou wou gehad het hy moes ge\u00ebindig het nie, soos die ander dissipels nie. Maar daar&#8217;s nogsteeds iets wat ons by Judas kan leer en die Heilige Gees wil ons hierdie lewensveranderende lesse leer. <\/p>\n\n\n\n<p>As Judas voor die tyd kon besef het, dat dit wat hy sou doen, die gevolge wat dit sou gehad het, sou hy dit nogsteeds gedoen het? As hy geweet het wat die prys sou wees wat hy moes betaal en dat Jesus sou gesterf het en dat Jesus wel sou opstaan; maar as Judas hierdie hele ding weer kon oordoen, sou hy dit weer gedoen het? As Judas vandag met ons kon praat, wat sou hy vir ons ges\u00ea het? Die hartseer saak is hy kan nie met ons praat vandag nie, maar sy lewe praat hard genoeg.<\/p>\n\n\n\n<p>Die eerste ding wat toegelaat het dat Judas gedoen het wat hy gedoen het was omdat Judas geweier het om te verander. He rejected change. <\/p>\n\n\n\n<p>Judas het gesien hoe Jesus blinde o\u00eb genees, die melaatse mense genees en hy&#8217;t gesien hoedat hulle weggaan en hulleself was in die water en die spruite en hoedat hulle met blydskap wegspring. Judas het ook gesien hoedat die verlamde man by die by bad van Bet\u00e9sda sy bed oprol, sy bed vat en wegloop. Hy sien hoedat Jesus Lasarus uit die dood uit opwek. Hy sien met sy o\u00eb hoe die dood uitstap en lewendig is. God het hom nie net laat saamloop nie, God het hom ook die krag gegee.<\/p>\n\n\n\n<p>As dissipel het Judas ook vir mense gebid en hulle het ook genees geword. Hy het ook duiwels uitgedryf en die duiwels moes uitgaan, want God s\u00ea Hy het dit aan al twaalf dissipels gegee. Matteus 10:1 1En Hy het Sy twaalf dissipels na Hom geroep en aan hulle mag gegee oor onreine geeste, om hulle uit te dryf en om elke siekte en elke kwaal te genees. Die krag waarmee Jesus bedien het, Hy het vir die twaalf krag gegee, outoriteit, salwing, en die vermo\u00eb om in Jesus naam elkeen te genees. Mattheus 10: 4 4Simon Kanan\u00edtes en Judas Isk\u00e1riot, die een wat Hom verraai het. Judas was saam met Jesus, en met sy o\u00eb aanskou hy hierdie dinge. Hy was daar saam met al die ander dissipels wat by die voete van Jesus gesit het by die bergpredikasie. Hy het onder die klank van die Woord gesit en tog het hy nie toegelaat dat hierdie ervaring, hierdie ontmoeting, hierdie geleentheid sy lewe verander nie. Judas het geweier om homself te verander.<\/p>\n\n\n\n<p>Is daar mensies vandag wat dalk dieselfde lewenspad as Judas kies? Ons sit onder die klank van die Woord. Ons bedien vir die Here in Sy genade; sing, usher, kinderbediening, ons preek selfs vir ander mense, ons bid vir ander mense, maar laat ons toe dat Jesus ons werklik verander? Nie net verander om nie hel toe te gaan nie, verander van die ongelowige, bose, negatiewe, kritiekagtige persoon wat ek dalk mag wees. Laat ek toe dat Jesus my verander?<\/p>\n\n\n\n<p>In Johannes 6 kom Jesus en Hy deel aan sy dissipels dat Hy sou sterf en dat Hy die brood van die lewe word en Sy bloed sal vloei. 47Voorwaar, voorwaar Ek s\u00ea vir julle, wie in My glo, het die ewige lewe 48Ek is die brood van die lewe. 49Julle vaders het die manna in die woestyn ge\u00ebet en het gesterwe. 50Dit is die brood wat uit die hemel neerdaal, sodat iemand daarvan kan eet en nie sterwe nie. 51Ek is die lewende brood wat uit die hemel neergedaal het. As iemand van hierdie brood eet, sal hy lewe tot in ewigheid. En die brood wat Ek sal gee, is My vlees wat Ek vir die lewe van die w\u00eareld sal gee. 52Die Jode het toe met mekaar gestry en ges\u00ea: Hoe kan Hy ons sy vlees gee om te eet? Sien hulle vat dit so letterlik op dat hulle mis wat Jesus vir hulle probeer s\u00ea.53En Jesus s\u00ea vir hulle: Voorwaar, voorwaar Ek s\u00ea vir julle, as julle nie die vlees van die Seun van die mens eet en sy bloed drink nie, het jy geen lewe in julleself nie. 59Hierdie dinge het Hy ges\u00ea in die sinagoges toe Hy in Kapernaum onderrig gegee het. 60En baie van sy dissipels het ges\u00ea toe hulle dit hoor: Hierdie woord is hard, wie kan daarna luister? Het die Here al met jou &#8216;n woord gedeel wat jy voel is so bietjie hard? Wat jou so bietjie pakslae gee? Wat vir jou dalk net nie sin maak in die vlees nie? Hier s\u00ea hulle: Hoe kan ons Hom eet? Dis hoe hulle dit probeer redeneer, met hulle menslike verstand, maar hulle mis die boodskap wat hulle lewe sal verander. So baie maal deel die Here met ons iets of ons hoor iemand iets deel, jy lees &#8216;n vers en dis hard vir jou en dan dink jy: Hoe gaan ek dit doen? Ons mis die doel. Ons mis die werk van die Heilige Gees wat ons lei in die volle waarheid.<\/p>\n\n\n\n<p>61En Jesus het in Homself geweet dat sy dissipels hieroor murmureer, en Hy s\u00ea vir hulle: Is dit julle tot &#8216;n aanstoot? Wat is murmureer? Die Afrikaanse woord vir hierdie Griekse woord is moan and groan. 62Hoe dan sal julle die Seun van die mens daarheen sien opvaar waar Hy tevore was? 63Dit is die Gees wat lewend maak, die vlees is van geen nut nie; die woorde wat Ek tot julle spreek, is gees en is lewe. So hier bring Jesus die openbaring en Hy deel met sy dissipels en Judas is daar. Hy&#8217;s in die middel, hy hoor dit, hy ervaar dit, hy is wel deel van die wat gemurmureer het. 64Maar daar is sommige van julle wat nie glo nie. Want Jesus het van die begin af geweet wie hulle was wat nie glo nie, en wie hy was wat Hom sou verraai. 65En Hy s\u00ea: Om hierdie rede het Ek vir julle ges\u00ea dat niemand na My toe kan kom as dit hom nie deur my Vader gegee is nie. 66Hieroor het baie van sy dissipels terug gegaan en nie meer saam met hom gewandel nie. So nou praat Hy nie van die twaalf wie Hy geroep het nie, Hy praat van die ander wat hom ook gevolg het. Hy s\u00ea hulle het terug gegaan. Hulle het ges\u00ea nee ons gaan hom nie meer volg nie. Hulle het hulle goed gevat en geloop en nie terug gekom nie. Jesus deel met hulle &#8216;n life changing revelation.<\/p>\n\n\n\n<p>67Toe s\u00ea Jesus vir die twaalf: Wil julle nie ook weggaan nie? 68En Simon Petrus antwoord Hom: Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woord van die ewige lewe. 69En ons het geglo en erken dat U die Christus is, die Seun van die lewende God. Hoe kan Petrus hierdie belydenis maak en Judas verraai vir Jesus? 70Jesus antwoord hulle: Het ek nie julle twaalf uitverkies nie? En een van julle is &#8216;n duiwel! Judas het drie jaar by Jesus se voete gesit. Jesus het drie jaar in hom bel\u00ea en nogsteeds s\u00ea Jesus na dit alles is Judas &#8216;n duiwel. Kan jou hart so hard wees? Kan jy so vasgevang wees in jou eie ek, in my lewe, in my omstandighede dat ek nie kan change nie, dat ek deur Jesus miskien aangespreek kan word as \u201cjy&#8217;s &#8216;n duiwel\u201d. Jesus s\u00ea: \u201cEk het jou gekies, Ek het jou kans gegee, Ek het jou salwing gegee, Ek het jou die vermo\u00eb gegee om vir siekes te bid, om krankes te genees en nogsteeds is jy &#8216;n duiwel.\u201d 71En Hy het bedoel Judas Iskariot, die seun van Simon; want hy sou Hom verraai, hy wat wat een van die twaalf was.<\/p>\n\n\n\n<p>Jy sien in hierdie baie hartseer oomblik in die Bybel, in die geskiedenis sien ons vir Judas en hy as Judas het as &#8216;n duiwel begin. Hy het drie jaar saam met Jesus gewandel en hy het as &#8216;n duiwel ge\u00ebindig. Daar&#8217;s baie van ons wat dalk begin het as &#8216;n duiwel. As &#8216;n demon possessed, vasgevang in verslawing, sonde, vloeke, bindinge, alles wat negatief is, alles wat verkeerd was. Die Woord s\u00ea almal het gesondig en dit ontbreek ons aan die heerlikheid van God. Hy s\u00ea almal het &#8216;n sondige natuur. So Jesus s\u00ea nie hy is Lucifer nie. Hy vergelyk hom met die boosheid van die satan.<\/p>\n\n\n\n<p>Baie van ons het opgetree soos die duiwel. Is daar van ons wat vandag nogsteeds so optree? Judas het nooit verander nie. Hy&#8217;t geweier om te verander. Die uitdaging van Judas se lewe is hy&#8217;t ge\u00ebindig soos hy begin het. Dit is nie genoeg om net te wees waar Jesus is nie. Dis nie genoeg om net rondom Jesus te wees nie. Dis nie genoeg om net die Woord te hoor saam met ander boeties en sussies nie. Dit is nie genoeg om maar net gelowige vriende te h\u00ea en saam met hulle te kuier en geassosieer te word met Christene en dissipels nie. Die grootste uitdaging is: laat ek toe dat dit wat ek hoor my verander. Laat ek toe dat Sy teenwoordigheid my lewe verander. Laat ek toe dat Sy woorde tot my hart spreek en my verander. Dit help nie ek kom net kerk toe en ek gaan huis toe en ek laat nie toe dat die Gees van God my lewe verander, vernuwe, verryk, transformeer en nuut maak nie. Christenskap, om kind van God te wees beteken ek moet word soos Jesus. Ek moet sterf in myself. Ek moet Jesus se voorbeeld navolg. Dit beteken ek laat al die goddelose goed agter en ek laat toe dat God die Heilige Gees my lewe verander. Ons staan in die teenwoordigheid van God wanneer ons Hom aanbid. En Jesus, die Heilige Gees en die Vader s\u00ea: kom na My toe. Ek het jou te lief om jou te los soos jy is. Ek het jou te lief om net te s\u00ea: \u201cag gaan maar net aan\u201d. Ek het gesterf vir jou, Ek het die prys betaal vir jou. Kom laat ek daaRDIE goedjies uithaal. Dis nie om seer te maak nie, dis om gesond te maak. <\/p>\n\n\n\n<div class=\"wp-block-media-text is-stacked-on-mobile\"><figure class=\"wp-block-media-text__media\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"220\" height=\"225\" src=\"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/06\/ANEW-JUNIE-2025-2.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1363 size-full\"\/><\/figure><div class=\"wp-block-media-text__content\">\n<p>Dis nie om jou te judge nie, dis juis om jou te reinig en te heilig. As ons s\u00ea; Nee, hierdie is &#8216;n harde woord. En ons s\u00ea: Hoe gaan ek? Die vraag is nie \u201choe gaan ek nie?\u201d die vraag moet wees \u201cHeilige Gees sal U my help?\u201d Want jy kan nie jouself red nie. As ek myself kon red het ek nie God nodig gehad nie.<\/p>\n<\/div><\/div>\n\n\n\n<p>Jesus kom en Hy stap vir jare, drie jaar lank \u0149 pad saam met sy dissipels. Hy was saam met hulle. Tog kom Judas op &#8216;n plek waar Hy sy hart verhard en hy Jesus verraai.<\/p>\n\n\n\n<p class=\"has-text-align-center\"><strong>Kan iemand Jesus volg en nie verander nie?<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Judas het van Jesus geweet, maar hy het Hom nie geken nie. Hy het geweet van Jesus, maar hy het nie Sy hart geken nie. Hy het geweet van Jesus, maar hy het nie geweet wat is die doel, hoekom Jesus aarde toe gekom het nie. Hy het dit gemis. Hoe kan &#8216;n persoon drie jaar voltyds saam met iemand lewe en hom nie ken nie? Is dit moontlik?<\/p>\n\n\n\n<p>Matteus 26:17 17En op die eerste dag van die ongesuurde brode kom die dissipels na Jesus en s\u00ea vir Hom: Waar wil U h\u00ea moet ons vir U klaarmaak om die pasga te eet? 18En Hy antwoord: Gaan na die stad na &#8216;n sekere iemand en s\u00ea vir hom: Die Meester laat weet: My tyd is naby. By jou sal ek die pasga hou met my dissipels. 19Daarop het die dissipels gedoen soos Jesus hulle beveel het, en hulle het die pasga berei. <\/p>\n\n\n\n<div class=\"wp-block-media-text has-media-on-the-right is-stacked-on-mobile\"><div class=\"wp-block-media-text__content\">\n<p>20En toe dit aand geword het, was Hy met die twaalf aan tafel. 21En terwyl hulle eet, s\u00ea Hy: Voorwaar Ek s\u00ea vir julle, een van julle sal My verraai. 22Toe word hulle baie bedroef en begin elkeen van hulle aan Hom te s\u00ea: Is dit miskien Ek, Here? 23Toe antwoord Hy en s\u00ea: Hy wat saam met My sy hand in die skottel insteek, hy sal My verraai. <\/p>\n<\/div><figure class=\"wp-block-media-text__media\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"576\" src=\"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/06\/judas-1024x576.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1364 size-full\" srcset=\"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/06\/judas-1024x576.jpg 1024w, https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/06\/judas-300x169.jpg 300w, https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/06\/judas-768x432.jpg 768w, https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/06\/judas-1536x864.jpg 1536w, https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/06\/judas-2048x1152.jpg 2048w, https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/06\/judas-600x338.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><\/figure><\/div>\n\n\n\n<p>24Die Seun van die mens gaan wel heen soos daar van Hom geskrywe is, maar wee daardie man deur wie die Seun van die mens verraai word! Dit sou vir hom goed gewees het, as daardie man nie gebore was nie. 25En Judas, wat Hom sou verraai, antwoord en s\u00ea: Is dit miskien ek, Rabbi? Hy antwoord hom: Jy het dit ges\u00ea.<\/p>\n\n\n\n<p>Elkeen van die dissipels daardie dag sit saam met Jesus en hulle vra di\u00e9 vraag. Wat s\u00ea dat hulle het nie geweet watter een dit is nie. Jesus deel met hulle die waarheid. En dan kom hulle en hulle vra, hulle s\u00ea: &#8220;Here, is dit dalk ek?&#8221; Judas s\u00ea: &#8220;Rabbi.&#8221; Sien Judas se reaksie was heeltemal anders as al die ander dissipels. Hy gebruik selfs ander woorde. Judas kom en hy gebruik die woord Rabbi. Die woord Rabbi verwys in die oorspronklike vertaling in die Woord van die Here na &#8216;n Joodse wetgeleerde. Dit verwys na &#8216;n leeraar, &#8216;n meester, &#8216;n onderwyser of een wat die wetboek bestudeer en ander leer. Maar die ander dissipels kom en hulle s\u00ea: &#8220;Here, is dit ek?&#8221; Daar is &#8216;n baie groot verskil tussen Rabbi en Here. Die woord Here verwys na die een wat die enigste, soewereine, heilige God, die Skepper van die heelal is. Jy s\u00ea nie Here vir iemand vir wie jy nie bereid is om onderdanig aan te wees nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Judas se optrede daardie dag en sy belydenis spreek van &#8216;n persoon wat van iemand weet, maar hy ken nie daardie persoon nie. Judas se optrede s\u00ea: &#8220;Ek het gehoor van, ek het dalk gesien, maar ek ken nie sy hart nie. Ek ken Hom nie.&#8221;<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image aligncenter size-full\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"640\" height=\"960\" src=\"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/06\/Judas-the-Betrayer-640x960-1.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1365\" srcset=\"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/06\/Judas-the-Betrayer-640x960-1.jpg 640w, https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/06\/Judas-the-Betrayer-640x960-1-200x300.jpg 200w, https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/06\/Judas-the-Betrayer-640x960-1-600x900.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 640px) 100vw, 640px\" \/><\/figure>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Ons bevind onsself in &#8216;n tydperk na Pasga (Paasfees), 50 dae na die opstanding, waar Jesus op die aarde was en met Sy dissipels ontmoet het in voorbereiding tot Hemelvaart en die uitstorting van Sy Heilige Gees. In hierdie tyd is daar &#8216;n belangrike boodskap, maar ook &#8216;n eienaardige situasie in die liggaam wat die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":1357,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-1359","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1359","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1359"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1359\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1366,"href":"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1359\/revisions\/1366"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media\/1357"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1359"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1359"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1359"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}