{"id":1271,"date":"2025-05-11T15:14:33","date_gmt":"2025-05-11T15:14:33","guid":{"rendered":"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/?p=1271"},"modified":"2025-05-11T15:17:09","modified_gmt":"2025-05-11T15:17:09","slug":"paasfees-n-liefdesverhaal","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/index.php\/2025\/05\/11\/paasfees-n-liefdesverhaal\/","title":{"rendered":"Paasfees \u2013 \u0149 Liefdesverhaal"},"content":{"rendered":"\n<div class=\"wp-block-media-text is-stacked-on-mobile\"><figure class=\"wp-block-media-text__media\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"319\" height=\"268\" src=\"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/heart_cross.png\" alt=\"\" class=\"wp-image-1275 size-full\" srcset=\"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/heart_cross.png 319w, https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/heart_cross-300x252.png 300w\" sizes=\"auto, (max-width: 319px) 100vw, 319px\" \/><\/figure><div class=\"wp-block-media-text__content\">\n<p>Paasfees is &#8216;n verklaring wat God maak oor Sy volk, nie net die Israeliete nie, elke persoon wie Hy geskape het. Dis &#8216;n verklaring van liefde, \u201cwant so lief het God die w\u00eareld gehad dat Hy sy enigste gebore Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore mag gaan nie\u201d.<\/p>\n<\/div><\/div>\n\n\n\n<p>Die hele Hooglied is &#8216;n liefdesverhaal tussen &#8216;n bruid en &#8216;n bruidegom. Dit begin in hoofstuk 1 waar hulle mekaar ontmoet en hulle vind hierdie liefde vir mekaar. En hulle kan net nie hulle liefde inhou nie, hulle vertel vir almal van hulle liefde, hulle is so lief vir mekaar. En hulle kan nie wag om bymekaar uit te kom nie. Hulle kan nie wag vir die dag wanneer hulle vir ewig bymekaar kan wees nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Die bruid, sy praat gedurig van die bruidegom, hoe kosbaar Hy is, hoe mooi Hy is, wat Hy alles vir haar doen, wat Hy alles vir haar beteken. En net so die bruidegom en Hy s\u00ea, hoe lieflik sy is, hoe pragtig sy is, hoe mooi sy is en alles wat sy kan doen. En Hy kom en Hy stort Sy Gees uit oor haar. En dan vergelyk Hy haar met &#8216;n tuin en Hy s\u00ea: dit is die tuin wat gevul is met hierdie lieflike plante. En hierdie tuin is gevul met die vrug van die Gees en dit gee &#8216;n lieflike geur. En Hy bring Sy vriende, Sy maats bring Hy na hierdie tuin om te kom kyk. Kom kyk, dit is My bruid, kyk hoe mooi is sy. Sy is vol liefde; sy is vol vrede en sy is vol vreugde. Dit wat jy nodig het, as jy genesing nodig het, kom na haar toe want ek het haar gese\u00ebn met My Gees<strong>.<\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Hulle is versot op mekaar, hulle is mal oor mekaar.<\/p>\n\n\n\n<p>Maar dan is daar een dag, een dag word hierdie bruid moeg. Sy&#8217;s so moeg, sy gaan l\u00ea op die bed. En sy hoor die klop aan die deur en sy weet dis haar bruidegom. Sy kan hom bereik maar sy&#8217;s so moeg. Sy s\u00ea: Nie vandag nie. Ek gaan maar net nog &#8216;n bietjie langer l\u00ea, nog &#8216;n bietjie langer slaap. En toe Hy wegdraf besef sy, sy verloor Hom en sy hardloop agterna. Sy draf die strate in en sy soek na haar bruidegom. Waar is Hy? Wat het van Hom geword? Sy gaan na haar vriende toe. Waar is Hy? Maar sy weet nie waar Hy is nie.<\/p>\n\n\n\n<p>In &#8216;n kort oomblik van moegheid verloor sy alles, verloor sy die teenwoordigheid van haar bruidegom. Maar die storie eindig wel goed, want Hy is genadig en Hy kom terug en Hy sien haar weer en Hy herinner haar: dat daar is &#8216;n dag wanneer Ek jou gaan kom haal, jy moet gereed wees. En sy s\u00ea: My beminde, my beminde is myne en ek behoort aan Hom.<\/p>\n\n\n\n<p>Ons hoor so dikwels dat ons moet God liefh\u00ea met jou hele hart, jou hele siel, jou hele verstand, in alles moet jy God liefh\u00ea en dan moet jy jou naaste liefh\u00ea soos jouself. Vandag maak ons &#8216;n liefdesverklaring teenoor ons God en s\u00ea: Here, ons het U lief. U het ons eerste liefgehad nog voor ons U geken het of geweet het van U het U, U Seun gestuur om aan die kruis te sterf sodat ons &#8216;n verhouding met U kan h\u00ea, &#8216;n verhouding van liefde.<\/p>\n\n\n\n<p>Almal wat s\u00ea \u201cek het Jesus al aanvaar as verlosser en saligmaker, ek is wedergebore, ek is geesvervul, ek is &#8216;n kind van God en ek glo die Woord\u201d &#8211; di\u00e9 woorde is vir julle! Maar ook nuwe bekeerlinge, mense wat onlangs hulle harte aan die Here gegee het. Ek wil &#8216;n waarskuwing vir jou rig. God s\u00ea moenie op die plek kom waar jy louwarm word nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Pasop dat jy nie stagneer in jou geestelike lewe hier op aarde nie, want as jy in daardie area verval is dit baie moeilik om daaruit te kom. God het ons geskape liggaam, siel en gees en ons as kind van God moet waak om nie in die geestelike realm, die fisiese of die psigiese realm te stagneer in ons lewe nie.<\/p>\n\n\n\n<div class=\"wp-block-media-text has-media-on-the-right is-stacked-on-mobile\"><div class=\"wp-block-media-text__content\">\n<p>In Hebre\u00ebrs hoofstuk vyf vanaf vers 8-11 kom die Heilige Gees en Hy waarsku ons teen die groot afvalligheid. En hierdie is &#8216;n baie belangrike waarskuwing. Vers agt s\u00ea: <strong><em><sup>8<\/sup>\u201cHy, al was Hy die Seun, het gehoorsaamheid geleer uit wat Hy gely het; <sup>9<\/sup>en nadat Hy volmaak is, het Hy vir almal wat Hom gehoorsaam is, &#8216;n bewerker van ewige saligheid geword <sup>10<\/sup>en is deur God genoem &#8216;n ho\u00ebpriester volgens die orde van Melgis\u00e9dek.<\/em><\/strong><\/p>\n<\/div><figure class=\"wp-block-media-text__media\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"700\" height=\"350\" src=\"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/hebrews-5-8_orig.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1276 size-full\" srcset=\"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/hebrews-5-8_orig.jpg 700w, https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/hebrews-5-8_orig-300x150.jpg 300w, https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/hebrews-5-8_orig-600x300.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 700px) 100vw, 700px\" \/><\/figure><\/div>\n\n\n\n<p>Van wie spreek die Woord van God hier? As Hy s\u00ea \u201cHy wat die Seun was, Hy wat gehoorsaam was\u201d, Hy praat van Jesus. En daarom kan net Jesus vir ons &#8216;n ewige bewerkstelliger wees van alles wat God daar vir ons gestel het. <strong><em><sup>11\u201d<\/sup>waaroor ons veel te s\u00ea het wat swaar is om te verklaar, omdat julle traag geword het om te hoor\u201d.<\/em><\/strong> Wat is &#8216;n ander manier wat ons dit kan stel? Dat jy lui geword het om te doen.<\/p>\n\n\n\n<p><strong><em><sup>12<\/sup><\/em><\/strong><strong><em>\u201dWant hoewel julle vanwe\u00eb die tyd leraars behoort te wees, het julle weer nodig dat &#8216;n mens julle die eerste beginsels van die woorde van God moet leer,en julle het weer behoefte aan melk en nie aan vaste spys nie\u201d.<\/em><\/strong><em> <\/em>Wat s\u00ea Hy hier vir die kerk, die gemeente van Laodicense? Hy s\u00ea julle het louwarm geword. Die Here gebruik hierdie gedeelte en Hy praat met die gemeente van Laodicense, maar ook wil Hy met ons gesels as kind van God.<\/p>\n\n\n\n<p>Partykeer kom ons as kinders van God op &#8216;n plek in ons lewe waar ons louwarm word. Ons is nie sataniste nie, maar ons loop nie aan die brand vir die Here nie. Ons doen nie wat Hy vir ons s\u00ea nie, maar ek doen ook darem nie meer die w\u00eareld se dinge nie. Die Here wil h\u00ea ons moet daardie vuur van die Heilige Gees weer in ons wakker maak en aan die brand steek.<\/p>\n\n\n\n<div class=\"wp-block-media-text is-stacked-on-mobile\"><figure class=\"wp-block-media-text__media\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"700\" height=\"500\" src=\"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/image-BLOG-IsJesusYourLivingWater-2023.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1277 size-full\" srcset=\"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/image-BLOG-IsJesusYourLivingWater-2023.jpg 700w, https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/image-BLOG-IsJesusYourLivingWater-2023-300x214.jpg 300w, https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/image-BLOG-IsJesusYourLivingWater-2023-600x429.jpg 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 700px) 100vw, 700px\" \/><\/figure><div class=\"wp-block-media-text__content\">\n<p>God roep ons om nie stagnante water te wees nie, maar lewende water wat vloei en wat lewe bring, wat skoonwas, wat reinig.<\/p>\n<\/div><\/div>\n\n\n\n<p><\/p>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Paasfees is &#8216;n verklaring wat God maak oor Sy volk, nie net die Israeliete nie, elke persoon wie Hy geskape het. Dis &#8216;n verklaring van liefde, \u201cwant so lief het God die w\u00eareld gehad dat Hy sy enigste gebore Seun gegee het sodat elkeen wat in Hom glo nie verlore mag gaan nie\u201d. Die hele [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":1279,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-1271","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1271","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1271"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1271\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1278,"href":"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1271\/revisions\/1278"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media\/1279"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1271"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1271"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1271"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}