{"id":1264,"date":"2025-05-11T14:43:53","date_gmt":"2025-05-11T14:43:53","guid":{"rendered":"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/?p=1264"},"modified":"2025-05-11T15:18:56","modified_gmt":"2025-05-11T15:18:56","slug":"ken-jou-vyande","status":"publish","type":"post","link":"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/index.php\/2025\/05\/11\/ken-jou-vyande\/","title":{"rendered":"KEN jou VYANDE"},"content":{"rendered":"\n<p>Baie keer kom ons in ons lewens op daardie plek waar jy vir Jesus wil lewe; \u0149 heilig lewe, en jy s\u00ea dat jy nie sekere goed gaan doen nie, maar as jy weer kyk, bevind jy jouself, dan doen jy dit wat jy ges\u00ea het jy nie meer wil doen nie. Dit is die innerlike oorlog wat jy moet oorwin! Ons loop met hierdie oorlog binne-in ons, waar ons probeer om goed te wees, probeer om reg te doen, maar dit is \u0149 worstelstryd en dit \u00eds moeilik. Om kind van God te wees is nie altyd maklik nie; dit is \u0149 voorreg, dit is \u0149 eer, maar dit kos partykeer dat jy moet opstaan teen ongeregtigheid, dit kos dat jy moet uitspraak maak teen negatiwiteit.<\/p>\n\n\n\n<p><strong><em>Ef\u00e9si\u00ebrs 2:1 \u201cEn julle het Hy lewend gemaak, wat dood was deur die misdade en die sondes <sup>2<\/sup>waarin julle tevore gewandel het volgens die loop van hierdie w\u00eareld, volgens die owerste van die mag van die lug, van die gees wat nou in die kinders van die ongehoorsaamheid werk, <sup>3<\/sup>onder wie ons almal ook vroe\u00ebr gewandel het in die begeerlikhede van ons vlees toe ons die wil van die vlees en van die sinne gedoen het; en ons was van nature kinders van die toorn net soos ook die ander.<\/em><\/strong><\/p>\n\n\n\n<div class=\"wp-block-media-text is-stacked-on-mobile\"><figure class=\"wp-block-media-text__media\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"768\" src=\"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/pngwing.com-2025-05-11T163713.531.png\" alt=\"\" class=\"wp-image-1267 size-full\" srcset=\"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/pngwing.com-2025-05-11T163713.531.png 1024w, https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/pngwing.com-2025-05-11T163713.531-300x225.png 300w, https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/pngwing.com-2025-05-11T163713.531-768x576.png 768w, https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/pngwing.com-2025-05-11T163713.531-600x450.png 600w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><\/figure><div class=\"wp-block-media-text__content\">\n<p><strong><u>Die W\u00eareld<\/u><\/strong>: Wanneer ons praat van die w\u00eareld, dan verwys dit nie na die aarde en wat op dit is nie. Ons praat hier van die w\u00eareldse struktuur en \u0149 sisteem wat teen God rebel en teen God praat. Wanneer ons praat van hierdie w\u00eareldse sisteem en struktuur, dit wil alles wat mooi is, alles wat goed is en alles wat God geskape het, die sisteem wil dit verander. Dit wil God se waardes en God se beginsels verander, na w\u00eareldse beginsels en waardes. Dit probeer alles wat God rein en goed geskape het te herdefinie\u00ebr \u2013 \u0149 ander betekenis en \u0149 ander doel daar te skep.<\/p>\n<\/div><\/div>\n\n\n\n<p>Die realiteit is dat ons, kinders van God,&nbsp; lewe in hierdie w\u00eareld. Ons is nie van hierdie w\u00eareld nie, maar, ons lewe in hierdie w\u00eareld. Wanneer jy Jesus aanvaar het as jou verlosser en jou saligmaker, dan is nie meer deel van hierdie w\u00eareld nie, jy is nou seun en dogter van God. Die Here het vir ons \u0149 plan en \u0149 doel in hierdie w\u00eareld. Die Here roep ons om dit te vervul, solank as wat ons asem het. Alhoewel die w\u00eareld probeer om dit te verdraai en dit te herdefinie\u00ebr, of dit verwronge te maak. Kan ons en moet ons in Jesus Christus in oorwinning in hierdie w\u00eareld staande bly.<\/p>\n\n\n\n<p>\u00a0<\/p>\n\n\n\n<div class=\"wp-block-media-text has-media-on-the-right is-stacked-on-mobile\"><div class=\"wp-block-media-text__content\">\n<p><strong><u>Satan en sy demone: <\/u><\/strong>Ons is nie teen die mense in die w\u00eareld nie. Jesus het Homself geoffer vir al hulle siele. Ons kom in opstand teen die een wat hulle manipuleer en beheer. En dit is Satan en sy demone. <strong><em>Efesi\u00ebrs 6:12 &#8220;Want ons worstelstryd is nie teen vlees en bloed nie, maar teen die owerhede, teen die magte, teen die w\u00eareldheersers van die duisternis van hierdie eeu, teen die bose geeste in die lug.&#8221;<\/em><\/strong> Met ander woorde, ons oorlog is teen die duiwel en teen sy demone. Dis ons tweede vyand waarteen ons die oorwinning moet behaal, wat Jesus klaar gegee het.\u00a0\u00a0<\/p>\n<\/div><figure class=\"wp-block-media-text__media\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"1024\" height=\"536\" src=\"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/efesiers-6-12-1024x536.jpg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1268 size-full\" srcset=\"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/efesiers-6-12-1024x536.jpg 1024w, https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/efesiers-6-12-300x157.jpg 300w, https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/efesiers-6-12-768x402.jpg 768w, https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/efesiers-6-12-600x314.jpg 600w, https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/efesiers-6-12.jpg 1376w\" sizes=\"auto, (max-width: 1024px) 100vw, 1024px\" \/><\/figure><\/div>\n\n\n\n<p>Of jy glo in die duiwel of nie, hy is &#8216;n werklikheid en daar is &#8216;n worstelstryd tussen die kinders van God en die bose magte. Die Woord van die Here s\u00ea: &#8220;Ken jou vyand.&#8221;&nbsp; Want as jy nie jou vyand ken nie, kan jy hom nie aanvat nie. As jy weet vanaand agtuur kom &#8216;n vyand na jou huis toe om in te breek, wat gaan jy doen? As jy weet agtuur gaan hulle inbreek, gaan jy mos gereed staan. Want jy weet daar kom &#8216;n vyand en jy weet waarna om te kyk en wat om te verwag. In die gees is hierdie geval dieselfde. Ons is partykeer so geestelik dat wanneer God ons waarsku, ons te geestelik is om daarna te luister.<\/p>\n\n\n\n<p><strong><em>Johannes 10:10<\/em><\/strong> s\u00ea <strong><em>hy kom net om te slag, te verwoes en ons dood te maak<\/em><\/strong>. Dis sy bedoeling. Die duiwel wil nie h\u00ea dit moet goed gaan met jou nie. Hy kom met al sy geluk, net vir &#8216;n rukkie om jou gevange te hou. Hy kom met valse idees en dinge, net totdat hy jou gevang het.<\/p>\n\n\n\n<p>Die duiwel, Lucifer loop nie hier rond tussen ons almal nie. Hy kom en hy het &#8216;n w\u00eareldse sisteem geskep. Hy het prinsipaliteite en magte wat onder hom werk. En hulle doen sy werk. Ons worstelstryd is hoofsaaklik teen daardie demoniese magte, daardie bose geeste wat jou wil kom versoek en jou wil kom aanval. Nie die duiwel in persoon nie. Partykeer gee ons vir satan meer krag as wat hom toekom. Ons klassifiseer hom in dieselfde klas as ons God sonder dat ons besef. As ons s\u00ea die satan is in ons almal, dan beteken dit hy moet alomteenwoordig wees. Is hy alomteenwoordig? Lucifer kan net op een plek, op een oomblik wees. Net God is alomteenwoordig. Is Satan alwetend? Hy het <em>limited power<\/em>, net dit wat God hom toegelaat het.<\/p>\n\n\n\n<p><strong><u>Die Vlees:<\/u><\/strong> Die Woord van God noem die derde vyand jou vlees. Die vlees is een van ons grootste uitdagings en probleme waarmee ons vandag sit. Wanneer ons praat van die vlees dan is daar ongelukkig geen bevrydings bediening wat die vlees kan bevry nie. Bediening en berading werk vir jou siel, want jy moet jou gedagtes, jou denke, jou emosies in lyn bring met God se Woord. Jou gees is gewederbaar, maar die vlees kan nie deur bediening van bevryding gaan nie.<\/p>\n\n\n\n<p>Die vlees is &#8216;n uitdaging. Geen chirurg kan met enige operasie die vlees gesond maak of bevry van sy probleme nie. Jy kan nie dokter toe gaan en s\u00ea: \u201cDokter ek het &#8216;n probleem met die vlees, kom sny dit uit nie\u201d. Dit gaan nie werk nie. Jy kan geen pil drink wat die vlees probleme verwyder of gesond maak nie. Jy kan selfs vir 40 dae en nagte lank vas en bid en terwyl jy vas en bid gaan die vlees &#8216;n probleem wees.<\/p>\n\n\n\n<p>Die vlees is die verraai\u00ebr van wat binne-in ons is wat in verhouding staan met die demone wat buite ons is. Jou vlees is daai verraai\u00ebr van wat binne-in ons is wat in verhouding staan met dit wat sleg is, dit wat negatief is, dit wat boos is wat buite ons is. Op &#8216;n ander manier gestel, ons vlees is baie maal die Judas wat in ons is wat kompromie\u00eb aangaan met die Farise\u00ebrs wat buite is. Wanneer ons, ons vlees nie kan beheer en onderdanig plaas aan God se Woord en aan God se Heilige Gees nie, gaan ons as kind van God baie uitdagings in ons lewe ervaar.<\/p>\n\n\n\n<p><strong><em>Galasi\u00ebrs 5<\/em><\/strong><strong><em>:<\/em><\/strong><strong><em>19<\/em><\/strong><strong><em> \u201c<\/em><\/strong><strong><em>En die werke van die vlees is openbaar, naamlik owerspel, hoerery, onreinheid, ongebondeheid; <sup>20<\/sup>afgodery, towery, vyandskap,twis, jaloersheid,toornigheid, naywer, tweedrag, partyskap; <sup>21<\/sup>afguns, moord, dronkenskap, brassery en dergelike dinge, waarvan ek julle vooraf s\u00ea, soos ek al vroe\u00ebr ges\u00ea het, dat die wat sulke dinge doen, die koninkryk van God nie sal be\u00ebrwe nie\u201d.<\/em><\/strong><\/p>\n\n\n\n<p>Dis nie &#8216;n las nie, dis vrymaking. Dankie Here vir U Woord wat my vrymaak, wat my verlos, want as ek dit nie geweet het nie kon ek op &#8216;n plek gekom het waar ek gedink het ek is reg. Hierdie dinge is werke van die vlees. Dis dinge wat van nature maklik is om te doen. Die vlees hou daarvan om die res van die liggaam te verraai wanneer hy die geleentheid kry. Baie keer wag die vlees net vir &#8216;n geleentheid om iets te doen wat hy nie moet doen nie, want dit kom van nature. Ons word gebore met &#8216;n vlees. Dis die gees en die siel wat tot \u00a0bekering kom. Die vlees waarmee ons <em>struggle<\/em> \u00a0kan selfs ook nie &#8216;n Christen word nie. Jy kan\u00a0aantrek soos een, jy kan probeer praat soos een, maar as jou gees nie gewederbaar is nie en jou siel is nie in lyn met <strong>Romeine 12:1<\/strong>, vernuwe met God se Woord nie, beteken die liggaam min.<\/p>\n\n\n\n<figure class=\"wp-block-image aligncenter size-full\"><img loading=\"lazy\" decoding=\"async\" width=\"300\" height=\"168\" src=\"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/wp-content\/uploads\/2025\/05\/images-1.jpeg\" alt=\"\" class=\"wp-image-1269\"\/><\/figure>\n","protected":false},"excerpt":{"rendered":"<p>Baie keer kom ons in ons lewens op daardie plek waar jy vir Jesus wil lewe; \u0149 heilig lewe, en jy s\u00ea dat jy nie sekere goed gaan doen nie, maar as jy weer kyk, bevind jy jouself, dan doen jy dit wat jy ges\u00ea het jy nie meer wil doen nie. Dit is die [&hellip;]<\/p>\n","protected":false},"author":1,"featured_media":1279,"comment_status":"open","ping_status":"open","sticky":false,"template":"","format":"standard","meta":{"footnotes":""},"categories":[1],"tags":[],"class_list":["post-1264","post","type-post","status-publish","format-standard","has-post-thumbnail","hentry","category-uncategorized"],"_links":{"self":[{"href":"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1264","targetHints":{"allow":["GET"]}}],"collection":[{"href":"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts"}],"about":[{"href":"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/types\/post"}],"author":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/users\/1"}],"replies":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/comments?post=1264"}],"version-history":[{"count":1,"href":"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1264\/revisions"}],"predecessor-version":[{"id":1270,"href":"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/posts\/1264\/revisions\/1270"}],"wp:featuredmedia":[{"embeddable":true,"href":"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media\/1279"}],"wp:attachment":[{"href":"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/media?parent=1264"}],"wp:term":[{"taxonomy":"category","embeddable":true,"href":"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/categories?post=1264"},{"taxonomy":"post_tag","embeddable":true,"href":"https:\/\/agsnuwebegin.co.za\/index.php\/wp-json\/wp\/v2\/tags?post=1264"}],"curies":[{"name":"wp","href":"https:\/\/api.w.org\/{rel}","templated":true}]}}